Vlag van Maledive
Die nasionale vlag van Maledive is op 25 Julie 1965 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n groen baan met ’n dik rooi fraiing reg rondom en ’n wit sekelmaan in die middel van die vlag.
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 25 Julie 1965[1] |
Ontwerp | ’n Groen baan met ’n dik rooi fraiing reg rondom en ’n wit sekelmaan in die middel |
Simboliek
wysigDie rooi fraiing stel die dapperheid van die volk se helde en hul gewilligheid om hul laaste druppel bloed ter verdediging van hul land te stort, voor. Die groen stel vrede en voorspoed voor. Die wit sekelmaan stel ’n staat van verenigde Islamitiese geloof voor.
Ontwerp
wysigDie fraiing is die helfte so dik soos die hoogte van die groen reghoek. Die wit sekelmaan is reg in die middel van die groen reghoek.
Geskiedenis
wysigDie eerste vlag van die Maledive het bestaan uit ’n eenvoudige rooi baan. Later is ’n vertikale baan in swart en wit afwisselend aan die vlagpaalkant toegevoeg wat die Dhandimathi genoem is.[2]
Hierdie weergawe van die vlag is gebruik tot vroeg in die 20ste eeu toe Abdoel Madjeed Didi ’n sekelmaan tot die vlag toegevoeg het. Terselfdertyd is ’n afsonderlike staatsvlag gemaak waarvan die sekelmaan op ’n groen reghoek was. Hierdie veranderinge is iewers tussen 1926 en 1932 aangebring tydens Abdoel Madjeed se termyn as Eerste Minister.[3]
In 1953 het Maledive ’n republiek geword, wat uitgeloop het op verandering van die vlag. Die nasionale vlag is laat vaar en die sekelmaan op die staatsvlag is vertikaal omgekeer. In 1954 is die Sultanaat herstel maar die vlag het onveranderd gebly.[4] Moehammaf Fareed Didi het besluit om eerder ’n nuwe vlag spesifiek vir die Sultan te skep met ’n vyfpuntige ster langs die sekelmaan. ’n Weergawe van hierdie vlag word vandag nog as die Presidensiële Standaard gebruik.
Toe die Maledive in 1965 onafhanklikheid verkry het is die baan in swart en wit aan die vlagpaalkant verwyder.
-
Vlag van die wegbreek Verenigde Republiek Suvadiva, 1959 tot 1963
Ander vlae
wysig-
Standaard van die Eerste Minister van Maledive
Verwysings
wysig- ↑ "Maledive" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2001. Besoek op 27 Mei 2019.
- ↑ Maldive Koninklike Familie. "Sultanaat van die Maledive (-1949)" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 November 2019. Besoek op 5 Julie 2004.
- ↑ "http://www.worldstatesmen.org/Maldives.htm"
- ↑ "Maldive: Van protektoraat tot onafhanklikheid (1949–1968)" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 September 2017. Besoek op 4 Junie 2015.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Maledive. |
- (en) Maledive by Flags of the World.
- (en) "Flag of the Maldives". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 Mei 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |