Die vlag van Sint Eustatius is op 16 November2004 amptelik in gebruik geneem. Hierdie dag word ook “Dag van de Vlag” genoem. Dit beteken letterlik vlagdag en hierdie dag word gevier op ses voormalige eilande van die Koninkryk van die Nederlande wat aan die Nederlandse Antille behoort het. Dit is ’n vakansiedag waar daar baie amptelike seremonies is en die vlag vertoon word. Die vlag vertoon vier ewe groot vyfkante met rooi fraaiings met ’n wit ruit in die middel waarin ’n groen silhouet van die eiland en ’n geel vyfpuntige ster is.