Vlagterminologiese simbole

’n Vlagterminologiese simbool word deur vlagterminoloë gebruik om sekere fasette van nasionale vlae aan te dui, soos bv. waar dit gebruik word, wie dit gebruik en hoe die vlag lyk. Die stel simbole wat in hierdie artikel gebruik word staan bekend as internasionale vlagidentifikasiesimbole, en is naamlik deur Whitney Smith opgestel.

Nasionale vlagvariante in gebruik

wysig

Sommige lande gebruik ’n enkele ontwerp wat dien as nasionale vlag in alle gebruikskontekste; ander lande gebruik veelvuldige vlae wat dien as die nasionale vlag, afhangende van die konteks, bv. deur wie, en waar die nasionale vlag vertoon word. Die ses basiese gebruikskontekste (en moontlike variante van ’n nasionale vlag) is:

  • burgerlike vlag – Gebruik deur landsburgers op land
  • staatsvlag – Gebruik op openbare geboue
  • oorlogsvlag – Gebruik op militêre geboue
  • burgerlike vaandel – Gebruik op privaatvaartuie (visserskepe, seiljagte, ens.).
  • staatsvaandel – Gebruik op onbewapende staatsvaartuie
  • oorlogsvaandel – Gebruik op oorlogskepe

In praktyk kan ’n enkele ontwerp geassosieer word met vele gebruike; byvoorbeeld, ’n enkele ontwerp kan ’n dubbele rol dien as oorlogsvlag en -vaandel. Selfs met sulke kombinasies is hierdie raamwerk onvolledig: sommige lande definieer ontwerpe vir gebruikskontekste wat nié in hierdie skema uitgedruk kan word nie, soos lugmagvaandels (apart van oorlogsvlae en -vaandels wat as die nasionale vlag by lugmagbasisse gebruik word; sien Koninklike Lugmagvaandel as voorbeeld) en burgerlike lugvaartvaandels.

Ander simbole

wysig

Verdere simbole word gebruik om te beskryf hoe ’n vlag lyk, byvoorbeeld of dit verskillende ontwerpe aan weerskante van die vlag het, of om aan te dui dat die vlag vertikaal in plaas van horisontaal gehys moet word, e.s.m. Die volgende simbole is in algemene gebruik:

  • Die normale of de jure weergawe van vlag, of die voorkant daarvan
  • ’n Voormalige ontwerpvoorstel wat nooit amptelik aanvaar is nie
  • ’n Gerekonstrueerde ontwerp, gebaseer op waarnemings uit die verlede
  • Agterkant van die vlag
  • Aanvaarbare variant van die vlagontwerp
  • Alternatiewe weergawe van die vlag
  • De facto weergawe van die vlag
  • Vlag toon verskillende ontwerpe op die voor- en agterkant
  • Voorkant van die vlag moet só gehys word dat die vlagpaal aan die toeskouer se regterkant is
  • Ontwerp is amptelik gemagtig deur die regering van ’n nasie om daardie nasie te verteenwoordig
  • Ontwerp is in die verlede gebruik, maar is nou laat vaar (hierdie simbool is nie deel van Smith se oorspronklike stel nie)
  • Agterkant is ’n spieëlbeeld van die voorkant
  • Agterkant is ooreenkomstig met die voorkant
  • Inligting op die agterkant is nie beskikbaar nie
  • Vlag kan vertikaal gehang word deur dit op ’n gewone paal te hys en die paal dan negentig grade te draai
  • Vlag kan vertikaal gehang word indien die ontwerp eers gedraai word
  • Vertikale hysmetode van die vlag is onbekend
  • Ontwerp het geen element wat geroteer kan word nie
  • Vlag kan slegs vertikaal gehys word

Sien ook

wysig