Voisin 1907 (dubbeldekker)
Die 1907 Voisin-dubbeldekker (aangedui as die Voisin II in die 1913-uitgawe van Jane's All the World's Aircraft),[1] was die eerste suksesvolle aangedrewe vliegtuig wat ontwerp is deur lugvaartingenieur en vervaardiger Gabriel Voisin. Dit is deur die Franse vlieënier Henri Farman gebruik om die eerste swaarder-as-lug-vlug wat meer as 'n minuut duur in Europa te maak, en ook om die eerste volle sirkel te vlieg.[2] Die eerste voorbeelde van die vliegtuie was bekend onder die naam van hul eienaars, byvoorbeeld die Delagrange I, of die Henri Farman n°1.[3] Farman het baie wysigings aan sy vliegtuie aangebring, en dit is geïnkorporeer in latere produksievliegtuie wat deur Voisin gebou is. Hierdie weergawe het wydverspreide sukses behaal, en ongeveer sestig vliegtuie is gebou.
Die eerste vliegtuigvlug in Afrika is op 28 Desember 1909 onderneem in ‘n Voisin 1907-dubbeldekker, toe Albert Kimmerling vanaf die Nahoon perdereisiesbaan in Oos-Londen, Oos-Kaap, opgestyg het.[4]
Verwysings
wysig- ↑ Jane All the World's Aircraft, 1913, bl. 7d.
- ↑ ""Voisin-Farman I." Encyclopædia Britannica. 2007. Encyclopædia Britannica Online". Besoek op 6 Desember 2007.
- ↑ Les premiers Farman https://www.hydroretro.net/etudegh/premiersfarman.pdf
- ↑ South African Power Flying Association Geargiveer 23 Maart 2009 op Wayback Machine
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Voisin 1907 (dubbeldekker).