Volkswagen Eos
Die Volkswagen Eos is 'n kompakte sportmotor wat sedert 2006 deur die Duitse vervaardiger Volkswagen vervaardig word. Dit het 'n terugtrekbare hardekap-afslaankoepeebakstyl en is vrygestel as die opvolger van die Volkswagen Golf Cabriolet. Dit is Volkswagen se eerste produksiekoepee sedert die Volkswagen Corrado, waarvan die produksie in 1995 gestaak is.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Volkswagen |
Produksie | 2006–huidig |
Montering | Palmela, Portugal (AutoEuropa) |
Ontwerper | Robert Lešnik[1] |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Kompakte sport |
Bakstyl | 2-deur afslaankoepee |
Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf |
Platform | Volkswagengroep A5 platform |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.4 L I4 (petrol) 1.6 L I4 (petrol) 2.0 L I4 (petrol) 3.2 L V6 (petrol) 3.6 L V6 (petrol) 2.0 L I4 (diesel) |
Ratkas | 6-gang handrat 6-gang dubbelkoppelaar outomaties (DSG) |
Lengte | 4407 mm |
Breedte | 1791 mm |
Hoogte | 1443 mm |
Asafstand | 2578 mm |
Plek in geskiedenis | |
Variante | Volkswagen Golf Mk 5 Volkswagen Scirocco |
Tydens die ontwikkeling van hierdie model het dit bekend gestaan onder die naam Concept C wat op die Geneefse Motorskou vertoon is. Daarbenewens is hierdie motor op die motorskou in Frankfurt (Internationale Automobil-Ausstellung) vertoon in September 2005. In Noord-Amerika is die motor by die Los Angeles motorskou in Januarie 2006 vrygestel.
Die naam Eos is afgelei van Eos, die Griekse godin van die dagbreek.
Verwysings
wysig- ↑ "Volkswagen Eos Lešnik v čokoladi (artikel in Slowaaks)". AVTO.over.net, Iztok Franko. 13 Junie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2009. Besoek op 3 Februarie 2015.