Volkswagen up!
Die Volkswagen up! is 'n stadsmotor, deel van die Volkswagengroep se "Nuwe Klein Familiereeks" modelle, onthul by die Frankfurt Motorskou in 2011.[4] Produksie van die up! het in Desember 2011 by Volkswagen se Bratislava-aanleg in Bratislava, Slowakye begin.[5]
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Volkswagen |
Ook genoem | SEAT Mii Škoda Citigo |
Produksie | 2011–huidig |
Montering | Bratislava, Slowakye Taubaté, Brasilië |
Ontwerper | Walter de'Silva Klaus Bischoff |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Stadsmotortjie |
Bakstyl | 3-deur luikrug 5-deur luikrug |
Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf |
Platform | Volkswagengroep NSF (New Small Family)[1] |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.0 L I3 (petrol) 1.0 L I3 (Saamgepersde natuurlike gas/petrol)[2] |
Ratkas | 5-ganghandrat 5-gang outomaties |
Lengte | 3540 mm[3] |
Breedte | 1641 mm[3] |
Hoogte | 1489 mm[3] |
Massa | 929 kg[3] |
Asafstand | 2420 mm[3] |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Volkswagen Fox SEAT Arosa |
Die produksie up! volg op 'n reeks konsepmotors, wat reeds in 2007 by die Frankfurt Motorskou vertoon is.[6] Alle up! konsepte is ontwerp deur die Volkswagengroep se hoofontwerper, Walter de'Silva, en hul hoofontwerper van passasiersmotors, Klaus Bischoff. Tydens die Frankfurtse bekendstelling is 'n paar verdere up! konsepmotors vertoon, waaronder 'n 73 kW (98 pk) GT weergawe, 'n natuurlike gas-aangedrewe Eco-up! (wat slegs 79 g CO2 per km vrystel), asook 'n vierdeur-oorkruismodel.[4]
Verwysings
wysig- ↑ "Intel Report: MQB Architecture at Audi and the Volkswagen Group". Fourtitude.com. Fourtitude.com. 17 Februarie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 27 Februarie 2015.
- ↑ "New Volkswagen up! Includes Natural Gas Variant". NGV Global News (in Engels). 21 Augustus 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2014.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 "Which Model?" (in Engels). Volkswagen VK. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020. Besoek op 12 April 2012.
- ↑ 4,0 4,1 "Frankfurt show: VW Up GT concept". Autocar (in Engels). 13 September 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2011. Besoek op 15 September 2011.
- ↑ "New Small Family product decision for Bratislava, April 2009". volkswagen.sk (in Duits). Volkswagen AG. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2012. Besoek op 4 Desember 2011.
- ↑ "Volkswagen up! concept". VWvortex.com (in Engels). Volkswagen AG. 10 September 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020. Besoek op 21 Desember 2009.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |