Volkswagen Fox
Die nuwe Volkswagen Fox is 'n subkompakte motorvoertuig wat deur Volkswagen van Brasilië vervaardig en ontwerp is en in Latyns-Amerika verkoop is vanaf 2003 tot 2021[1][2] en in Europa van 2005 tot 2011,[3][4] waar dit as 'n stadsmotortjie verkoop is. Hierdie Fox is vervaardig as 'n 3-deur en 5-deur luikrug. Daar is ook 'n mini-SUV-weergawe genaamd Fox Xtreme (voorheen CrossFox) en 'n mini-MPV/stasiewa-model genaamd Suran, SpaceFox, SportVan of Fox Plus, afhangende van die mark.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Volkswagen |
Ook genoem | Volkswagen Lupo (Meksiko) Volkswagen Suran (Argentinië) Volkswagen SpaceFox (Brasilië) Volkswagen CrossFox Volkswagen SpaceCross Volkswagen SportVan Volkswagen Urban Fox |
Produksie | 2003-2020 2003-2011 (Europa) 2005-2011 (SpaceFox, SpaceCross en SportVan) 2005-2019 (Suran, Argentinië) |
Montering |
|
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Subkompakte motor |
Bakstyl | 3- of 5-deur luikrug 5-deur estate (Suran) |
Uitleg | Dwarsgeplaasde voorenjin, voorwieldryf |
Platform | Volkswagen Groep PQ24 platform |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.2 L I3 (petrol) 1.4 L I4 (petrol) 1.6 L I4 (petrol) 1.0 L I4 (petrol/etanol) 1.6 L I4 (petrol/etanol) 1.4 L I3 (diesel) |
Ratkas | 5-gang handrat 5-gang outomaties ASG |
Lengte | 2005–08: 3 805 mm (149,8 in) 2009–2021: 3 823 mm (150,5 in) |
Breedte | 1 640 mm (64,6 in) |
Hoogte | 1 545 mm (60,8 in) |
Asafstand | 2 465 mm (97,0 in) |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Volkswagen Lupo (Europa) |
Opvolger | Volkswagen up! (Europa) Volkswagen Polo (Suid-Amerika) Volkswagen Taos (Suran) |
Variante | Volkswagen Polo IV |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Volkswagen |
Produksie | 1979-1988 |
Montering | Uitenhage, Suid-Afrika |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Klein gesinsmotor |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.6 L petrol 1.8 L petrol 60 kW |
Plek in geskiedenis | |
Variante | Volkswagen Jetta Mk.1 |
Vorige naamplaat in Suid-Afrika
wysigDie Volkswagen Fox was 'n klein gesinsmotor wat deur Volkswagen in Uitenhage, Suid-Afrika gebou is. Dit was inderwaarheid die eerste geslag Jetta, wat se bakstyl voortgeleef het as 'n bekostigbare intreevlakmodel van Volkswagen. Koste is bespaar deurdat die Fox gewoon afgewerk is, en nie luukshede soos 'n kragstuur, lugversorging, sluitweerremme of lugsakke gehad het nie.
Verwysings
wysig- ↑ "BRAZIL: Volkswagen launches Crossfox 'SUV'". just-auto. 7 April 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2019. Besoek op 24 Mei 2015.
- ↑ Dead: The Cutest Hatch From South America, The Volkswagen Fox - José Rodríguez Jr., Jalopnik, 12 Oktober 2021
- ↑ "Volkswagen Fox hatchback (2005 - 2011)". Carzone.ie. Besoek op 24 Mei 2015.
- ↑ "FAQs - Vehicle information model changes". Volkswagen UK. Besoek op 24 Mei 2015.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |