Vrededorp (kiesafdeling)
Vrededorp was 'n kiesafdeling in Johannesburg vir die Suid-Afrikaanse Volksraad vanaf die heel eerste algemene verkiesing op 15 September 1910 ná Uniewording op 31 Mei daardie jaar tot voor die verkiesing van 1933. Dit was gesentreer om die mindergegoede voorstad Vrededorp.
In die heel eerste verkiesing wen Lourens Geldenhuys in Vrededorp vir die Regerende Party met 'n meerderheid van 458 teen die Unionisteparty se N.C. Herschensohn. Die onafahnklike G.A. Roth was derde met 148 stemme, vergeleke met Geldenhuys se 1 059. Geldenhuys behou die setel in die algemene verkiesing van 1915, maar kry net 60 stemme meer as T.C. Visser van die Nasionale Party. In 1920 gaan staan Geldenhuys as S.A.P.-kandidaat in Johannesburg-Noord en in Vrededorp wen Visser met 'n meerderheid van 929 teen die S.A.P. se W.P. Pretorius.
Visser behou Vrededorp in 1921 met 'n vergrote meerderheid van 1 058 teen P.L. Lourens van die S.A.P. en in 1924 met 1 427 stemme meer as die S.A.P. se C.J. Smith. In 1929 wen die Nasionale Party se F.J. Roberts in Vrededorp toe hy 1 770 stemme kry vergeleke met die S.A.P.-kandidaat, P.J.J. Wilsenach se 455 en die Onafhanklike Nasionalis H.C.M. Fourie se 86. Die kiesafdeling word hierna afgeskaf tydens die herafbakening voor die 1933-verkiesing.
Partye en kandidate gewen
wysig- 1910 - Lourens Geldenhuys van die Regerende Party
- 1915 - Lourens Geldenhuys van die Suid-Afrikaanse Party
- 1920 - T.C. Visser van die Nasionale Party
- 1921 - T.C. Visser van die Nasionale Party
- 1924 - T.C. Visser van die Nasionale Party
- 1929 - F.J. Roberts W.F. de Wet van die Nasionale Party
Verkiesingsuitslae
wysigVerkiesingsuitslae vir die kiesafdeling[1]:
Jaar | SAP | Unioniste | Onahfanklik | NP | ARB | Onafhanklike Nasionalis | Roosiet | VP | Meerderheid stemme | Persentasie stemme uitgebring |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1910 | L. Geldenhuys 1059 |
N.C. Herschensohon 601 |
G.A. Roth 148 |
458 (SAP) |
||||||
1915 | L. Geldenhuys 1028 |
T.C. Visser 968 |
C.A. Lagesen 398 |
60 (SAP) |
81,2 | |||||
1920 | W.P. Pretorius 441 |
T.C. Visser 1370 |
929 (NP) |
64,9 | ||||||
1921 | P.L. Lourens 384 |
J.W. Wordingham 8 |
T.C. Visser 1442 |
1058 (NP) |
59,7 | |||||
1924 | C.J. Smith 356 |
T.C. Visser 1783 |
1427 (NP) |
67,5 | ||||||
1929 | P.J.J. Wilsenach 455 |
F.J. Roberts 1770 |
H.C.M. Fourie 86 |
1315 (NP) |
75,1 | |||||
1933 | F.J. Roberts 2389 |
M.J. du Plessis 2217 |
172 (NP) |
61,2 | ||||||
1937 Tussenverkiesing |
J.L. Brill 1820 |
G.C.V. Odendaal 1209 |
S.J. Tighy 1345 |
475 (NP) |
56,3 | |||||
1938 | D.A.J. de Flamingh 2614 |
G.C.V. Odendaal 1184 |
C. Badenhorst 3121 |
507 (VP) |
73,4 |
Bronne
wysig- Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976. Pretoria: Aktuele Publikasies.
- ↑ Weide, Rob (1986). Die volledige verkiesingsuitslae van Suid-Afrika 1910-1986. ISBN 0620108843. aangevul deur Schoeman se Parlementêre verkiesings