Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1929
Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1929 het op 12 Junie 1929 plaasgevind.[1] Tydens die verkiesing is 148 verteenwoordigers vir die Volksraad van Suid-Afrika verkies. Die Nasionale Party onder leiding van generaal Barry Hertzog wen die verkiesing met 'n volstrekte meerderheid. Samewerking tussen die Nasionale Party en die Arbeidersparty in die Pakt-regering word egter voortgesit en twee ministers word uit die Arbeidersparty aangestel.
Weens 'n skeuring in die Arbeidersparty is slegs agt van hulle politici vir die parlement verkies, waarvan slegs 4 in die regering gedien het.[2]
Afbakening van kiesafdelings
wysigDie Suid-Afrika-wet van 1909 maak voorsiening vir 'n Afbakeningskommissie om die grense van die kiesafdelings te definieer. Die verteenwoordiging per provinsie, onder die vyfde verslag van 1928, word in die tabel hieronder uiteengesit. Die syfers in hakies is die aantal kiesafdelings in die vorige (1923) afbakening. As daar geen syfer tussen hakies is nie, het die aantal onveranderd gebly.[3]
Provinsies | Kaap | Natal | Oranje-Vrystaat | Transvaal | Totaal |
---|---|---|---|---|---|
Kiesafdelings | 58 (51) | 17 | 18 (17) | 55 (50) | 148 (135) |
Uitslag
wysigDaar was 461 820 geregistreerde kiesers, waarvan 347 924 gestem het. Daar is nie 'n amptelike syfer vir die aantal bedorwe stemme bekend nie.[4]
Party | Setels[5] | Setels % | Stemme[6] | Stem % | Leier |
Nasionale Party | 78 | 52,70 | 141 579 | 41,16 | J. B. M. Hertzog |
Suid-Afrikaanse Party | 61 | 41,22 | 159 896 | 46,51 | Jan Smuts |
Arbeidersparty | 8 | 5,41 | 33 919 | 9,86 | Betwis[7] |
Onafhanklikes | 1 | 0,68 | 8 503 | 2,47 | – |
Totaal | 148 |
Verwysings
wysig- ↑ "Elections in South Africa". African Elections Database (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020. Besoek op 21 Februarie 2016.
- ↑ The South African Constitution, bladsy 135
- ↑ South Africa 1982, bladsy 129
- ↑ South Africa 1982, bladsy 176
- ↑ South Africa 1982, bladsy 174 (setels per party)
- ↑ South Africa 1982, bladsy 176 (stemme per party)
- ↑ Weens 'n skeuring in die party was daar 'n leierskapstwis tussen F.H.P. Creswell en Walter Madeley