Vreemdkwark
(Aangestuur vanaf Vreemd-kwark)
Die vreemdkwark of s-kwark (simbool: s, van die Engelse strange quark) is die derde ligste van al die kwarke, ’n soort elementêre deeltjie, en ’n hoofbestanddeel van materie. Hulle word in hadrone aangetref, wat subatomiese deeltjies is wat uit kwarke bestaan.
Vreemdkwark | ||
Die vreemdkwark se plek in die Standaardmodel (onder kwarke). | ||
Samestelling | Elementêre deeltjie | |
Statistiek | Fermionies | |
Groep | Kwarke | |
Generasie | Tweede | |
Wisselwerking | Sterk, swak, elektromagneties, swaartekrag | |
Simbool | s | |
Antideeltjie | Vreemd-antikwark | |
Geteoretiseer | Murray Gell-Mann (1964) George Zweig (1964) | |
Ontdek | SLAC, 1968 | |
Massa | 95+5−5 MeV/c2[1] | |
Verval in | Opkwark | |
Elektriese lading | -13 e | |
Kleurlading | Ja | |
Spin | 12 | |
Swak isospin | LH: -12, RH: 0 | |
Swak hiperlading | LH: 13, RH: -23 |
Saam met die sjarmekwark is dit ’n tweedegenerasie-kwark. Dit het ’n elektriese lading van -1⁄3 e en ’n massa van 95+5−5 MeV/c2. Nes ander kwarke is die vreemdkwark ’n elementêre fermion met spin-1⁄2 en ervaar dit al vier fundamentele kragte: swaartekrag, elektromagnetisme, swak kernkrag en sterk kernkrag. Sy antideeltjie is die anti-vreemdkwark of anti-vreemd), waarvan sekere eienskappe dieselfde magnitude maar teenoorgestelde teken het.
Verwysings
wysig- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
- ↑ J. Beringer et al. (Particle Data Group) (2012). "PDGLive Particle Summary 'Quarks (u, d, s, c, b, t, b′, t′, Free)'" (PDF). Particle Data Group. Besoek op 30 November 2012.