Vrolijkheid-natuurreservaat

natuurreservaat in Suid-Afrika

Die Vrolijkheid-natuurreservaat by McGregor in die Boland in ‘n beskermde gebied onder beheer van CapeNature, die natuurbewaringsafdeling van die Wes-Kaapse regering.[1]

Ligging

wysig

Die reservaat lê suid van die Breederivier, noord van die hellings van die Riviersonderendberge, by 33° 55′ suid, 19° 52′ oos en 15 km suid van Robertson op die pad na McGregor.[1][2] Dit is 1852 ha groot.

Reservaat

wysig

In die klipperige terrein groei vetplante, klein bome en struike soos karee, melkbos en soetdoringbome. Klipspringers, grysbokke, springbokke en rooikatte kom hier voor. ‘n 175 voëlspesies o.a. die visarend is al hier waargeneem.[2] Voetslaanpaaie, roetes vir bergfietsry en hutte om voëls waar te neem, is aangelê. Weens die warm somermaande is die beste besoektyd tussen Julie en November. Huisvesting is beskikbaar.

Ongedierte

wysig

Aanvanklik is by Vrolijkheid navorsing gedoen oor die beheer van roofdiere. In die 1960’s het boere jaarliks duisende skape verloor deur jakkalse. Gevolglik het die destydse provinsiale owerheid die 2740 ha van die plase Vrolijkheid en Doornkloof aangekoop om jaghonde te teel en op te lei om aan jakkalsklubs te verkoop en om kursusse aan te bied aan jakkalsjagters om die ongedierteplaag te beheer. Mettertyd het het die klem verskuif van die uitwissing van jakkalse na beheermaatreëls betreffende probleemdiere.

Bibliografie

wysig
  • capebirdclub.org.za

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 "Vrolijkheid Nature Reserve - Capenature". www.capenature.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2023. Besoek op 26 Junie 2024.
  2. 2,0 2,1 de Blocq, Andrew. "Cape Interior - Vrolijkheid Nature Reserve". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2024. Besoek op 26 Junie 2024.