Vulkaaneendmossel

Die Vulkaaneendmossel (Tetraclita squamosa rufotinta) is 'n klein ongewerwelde seediertjie wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom en word tot 2 cm lank. Die diertjie se skulp is vulkaanvormig en grys. Die skulp bestaan uit vier geribde, versmelte skulpplate. Die diertjie leef in die middel tot lae tussengetysone in rotsagtige gebiede.

Tetraclita squamosa
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Orde:
Superfamilie:
Familie:
Genus:
Spesie:
Tetraclita squamosa
Binomiale naam
Tetraclita squamosa