Waaierkelp
Waaierkelp (Laminaria pallida) is 'n seewier wat in die see groei. Dit kom voor vanaf Kaap Agulhas, weswaarts al langs die Weskus. Hierdie bruinalge word 5 m hoog en die stamme het groot, waaieragtige blare aan die punte. Die massa van die wortels anker die alge op die seebodem. Dit verkies koue water en kom voor in die benedegetysone tot 30 m diep. Dooie kelp spoel langs die strand uit.
Waaierkelp | |
---|---|
Waaierkelp in Namibië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Klade: | SAR |
Filum: | Ochrophyta |
Klas: | Phaeophyceae |
Orde: | Laminariales |
Familie: | Laminariaceae |
Genus: | Laminaria |
Spesie: | L. L. pallida
|
Binomiale naam | |
Laminaria L. pallida (J. Agardh 1848)
|
Sien ook
wysigBron
wysig- Gids tot die Kusgebiede. Jana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0