Wadda van die Woestyn
Wadda van die Woestyn is Afrikaanse boek wat deur Cor Dirks geskryf is. Die eerste uitgawe is in Augustus 1950 gepubliseer, en die tweede druk volg in Augustus 1951. Hy het die boek aan sy vader en moeder opgedra.
Wadda, die woestynkind, is as driejarige seuntjie deur sy Boesman-pleegouers ná 'n skipbreuk op die strand in die Namibwoestyn gevind. Die lewe saam met die Boesmans het van hom 'n ware natuurkind gemaak, wat sy baasskap oor die voëls, slange en selfs ou Maanhaar, die leeu, bewys het.
As jongman tree hy op as redder van blankes wat hulle daaraan waag om die geheime van die Makarikari-moeras te probeer blootlê. En dan 'n keuse – sy liefde vir die eerste blanke meisie wat hy aanskou het, of trou aan sy Boesmanvolgelinge.
Die boek bied spanning en avontuur en speel in 'n kontrei met 'n wonderlike atmosfeer af.