Wangsermeer
Wangsermeer | |
---|---|
Die Wangsermeer soos vanaf weste gesien | |
Koördinate: | 46°58′44″N 9°25′25″O / 46.97889°N 9.42361°O |
Ligging: | Kanton St. Gallen, Switserland |
Soort: | Bergmeer |
Uitvloei: | Valeisbach → Vilterser Bach → Grossbach → Vilterser-Wangser-Kanal |
Die Wangsermeer (Duits: Wangsersee) is 'n bergmeer in die Switserse Kanton St. Gallen suidwes van die munisipaliteit Vilters-Wangs. Die klein meer is geleë bo Wangs noordoos van die bergspits Pizol op 2 206 meter bo seevlak, digby die Pizolhütte, die bergstasie van die Wangser Pizolbahn. Die 5-mere-staproete lei by hom verby.