Maak hoofkeuseskerm oop

Die Waterploeër (Rhynchops flavirostris) is 'n Intra-Afrika trekvoël en word die meeste van April tot Januarie gesien. Dit bly by groot riviere, baaie en mere met groot sandbanke vir slaap- en broeiplek; meestal in die noorde van Suider-Afrika. Die voël se status is amper-bedreigd en die wêreldbevolking is sowat 10 000 en in Suider-Afrika sowat 1000. Hulle broei in klein kolonies. Die voël is 38 – 42 cm lank, 120 - 220 g groot met 'n vlerkspan van 1.25 - 1.35 m. In Engels staan die voël bekend as die African Skimmer.

Waterploeër
African Skimmers.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
R. flavirostris
Binomiale naam
Rynchops flavirostris
Vieillot, 1816

FotogaleryWysig

Sien ookWysig

BronWysig

VerwysingsWysig

  1. BirdLife International (2012). "Rynchops flavirostris". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.