Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad
Suid-Afrikaanse wetenskaplike navorsing en ontwikkelings organisasie
(Aangestuur vanaf Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad)
Die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad (WNNR) is ’n navorsingsinstelling en ontwikkelingsorganisasie in Suid-Afrika. Dit is op 5 Oktober 1945 gestig[1] en het sy eie kampus in Pretoria. Dit is die grootste navorsings- en ontwikkelingsorganisasie in Afrika en is verantwoordelik vir ongeveer 10% van die totale navorsingsbegroting van Afrika. Daar is ongeveer 3 000 tegniese en wetenskaplikes werksaam, wat dikwels in multidissiplinêre spanne saamwerk.
Navorsingsareas
wysigDie WNNR se hoof navorsingsareas is:[2]
- Biowetenskap
- Bou-omgewing
- Verdediging, vrede, veiligheid en sekuriteit
- Inligting- en kommunikasietegnologie
- Lasertegnologie
- Materiaalkunde en vervaardiging
- Mobiele intelligente outonome stelsels
- Nanotegnologie
- Natuurlike hulpbronne en die omgewing
- Ruimtetegnologie
- Sintetiese biologie
- Navorsingsentrums by die WNNR
- Nasionale Lasersentrum
- Meraka-instituut
- Sentrum vir Myninnovasie
Voorsitters
wysig- Dr. Basil Schonland – Stigterspresident (1945–1951)
- Dr. P.J. du Toit (1951–1952)
- Dr. S. Meiring Naudé (1952–1971)
- Dr. Chris Brink (1971–1980)
- Dr. Chris Garbers (1980–1984)
- Dr. Brian Clarke (1984–1994)
- Dr. Geoff Garrett (1994–2000)
- Albert Jordaan (2001)
- Dr. Sibusiso Sibisi (2002–huidig)[3]
Presidente
wysigPresident | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Periode | Van | Name | Gebore | Oorlede | |||
1945-1950 | Schonland | Basil Ferdinand Jamieson | 2 Februarie 1896 | 24 November 1972 | |||
1950-1952 | du Toit | Petrus Johann | 16 Maart 1888 | 13 November 1967 | |||
1952-1971 | Naude | Stefan Meiring | 31 Desember 1904 | 27 April 1985 | |||
1971-1980 | Brink | Christiaan van der Merwe | 5 Mei 1915 | ||||
1980-1990 | Garbers | Christoph Friedrich | 21 Augustus 1929 | ||||
1990-1995 | Clark | James Brian | 27 Januarie 1949 | ||||
1995-? | Arndt | Reinhardt Richard | 1929 | 1 Januarie 2020 |
Verwysings
wysig- ↑ Wagener, Pieter (Julie 2005). "Die Stigting van die Suid-Afrikaanse Fisika-instituut" (pdf) (in Engels). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 12 Oktober 2012.
- ↑ "WNNR kontraknavorsing- en ontwikkelingsvennootskappe" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 November 2016. Besoek op 6 Oktober 2011.
- ↑ (en) Anon (2005). "60 jaar van tred hou met Suid-Afrika se W&T behoeftes: 'n kort historiese oorsig" (PDF). Science Scope. 1 (1): 1–3. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 8 November 2011. Besoek op 12 Oktober 2012.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter|month=
geïgnoreer (hulp)
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met WNNR. |