Whitsunday-eilande
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Whitsunday-eilande (Engels: Whitsunday Islands ) is 'n eilandgroep geleë aan die ooskus van Australië (Queensland), noord van die stad Mackay en ongeveer 900 km noord van Brisbane.
Whitsunday-eilande | |
---|---|
Geografie
| |
Ligging | Australiese Ooskus, Stille Oseaan |
Koördinate | 20°18′S 148°58′O / 20.300°S 148.967°O
|
Administrasie | |
Australië | |
Provinsie | Queensland
|
James Cook het deur die Whitsunday-passasie geseil voordat hy op die vasteland van Australië voet aan wal gesit het. Hy ontdek die eilande op Pinkstersondag, 'Whitsunday' in Engels; daarom noem hy die eilandgroep die Whitsundays. Slegs enkele setlaars het oor die 200 jaar hierheen gekom. Om kos aan reisigers en skipbreukelinge te voorsien, het hulle klapperbome geplant en varke vrygelaat.
Die bekendste en grootste eiland is Whitsunday-eiland, waar daar baie skilpaaie is. Daar is ook rifhaaie. Die eilandgroep is gewild onder toeriste: tussen Maart 2008 en Maart 2009 het sowat 700 000 mense die eilande besoek. Aan die oostekant word die lang Whitehaven-strand as die mooiste van die Whitsundays beskou. Vlugte na die Whitsunday-eilande maak gebruik van die lughawens van die Whitsunday Coast-lughawe naby Proserpine (Queensland) op die Australiese vasteland of die Hamilton Island-lughawe op Hamiltoneiland.
Eilande
wysigSommige van die eilande wat tot die Whitsunday-eilandgroep behoort, is:
- Daydream-eiland
- Hamilton-eiland
- Hayman-eiland
- Longeiland
- Whitsunday-eiland
Galery
wysig-
Whitehavenstrand op Whitsunday-eiland
-
Hillbaai, noord van Whitehavenstrand
-
Panoramiese blik oor Whitsunday-eiland
-
Planton-eiland
-
Sonsondergang oor vasteland vanaf Mount Jeffreys waargeneem
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Nederlandse Wikipedia vertaal.