Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/10 Maart
- 1826 – Pedro I, keiser van Brasilië, verklaar hom tot koning Pedro IV van Portugal ná die dood van sy vader, koning Johannes VI.
- 1876 – Alexander Graham Bell maak die eerste suksesvolle telefoonoproep.
- 1893 – Tydens die Wedloop om Afrika word die Ivoorkus tot 'n Franse kolonie verklaar.
- 1952 – Die voormalige president Fulgencio Batista voer 'n staatsgreep uit om beheer oor Kuba te neem.
- 2000 – Die NASDAQ-effektebeursindeks bereik 'n hoogtepunt van 5132,52, die hoogste vlak van die dot-comvoorspoedgolf.