Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings
Hierdie stel bladsye dien as 'n ry uitgesoekte herdenkings in die geskiedenis, en word gebruik om "Uitgesoekte Herdenkings" op die Tuisblad te koördineer. Voel vry om hierdie lys te verbeter, maar volg asseblief die riglyne. Let ook daarop dat herdenkings op individuele datumartikels in die teenwoordige tyd geskryf word, en "uitgesoekte herdenkings" in hierdie lys óók in die teenwoordige tyd geskryf word (anders as by die Engelse Wikipedia). Hierdie beleid verskil van die Engelse Wikipedia omdat dit só makliker werk in Afrikaans en die sinne maklik gekopieer kan word tussen die artikels.
Huidige stel herdenkings:
17 November: Die meteorereën van die Leoniede bereik 'n hoogtepunt.
- 1558 – Elizabeth I bestyg die Engelse troon.
- 1869 – Die Suezkanaal, wat die Middellandse See met die Rooisee verbind, word met 'n luisterryke seremonie ingewy.
- 1952 – Die ANC-politikus en sakeman Cyril Ramaphosa word in Soweto, Johannesburg, gebore.
- 1969 – Die SALT I-samesprekings tussen die Sowjetunie en die Verenigde State begin in Helsinki.
- 2012 – Oorlede: Ian Kirkpatrick, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en -afrigter.
besigtig -
bespreek - bladsygeskiedenis - verwante veranderings - wysig
Kriteria om items te lys op hierdie stel bladsye
wysigDie kriteria vir insluiting in die uitgesoekte herdenkingslys is redelik subjektief omdat enige gegewe dag vele geskiedkundige gebeurtenisse kan hê wat waardig is om hier gelys te word. So relatiewe artikelkwaliteit, tesame met die mengsel van onderwerpe wat reeds gelys word is meestal die bepalende faktore. Kriteria vir insluiting:
- 'n maksimum van 4 gebeure (altyd in die teenwoordige tyd) en 3 vakansies/herdenkings per dag (tot 5 gebeure kan gebruik word vir dae wat geen vakansies/herdenkings het nie; geboortes en sterftes kan slegs gebruik word wanneer daar nie genoeg kwalifiserende gebeure is nie)
- die gebeurtenis moet van redelike groot geskiedkundige waarde wees (relatief tot ander gebeure van daardie dag, of dae naby dit, in dieselfde jaar).
So 'n kombinasie van die "grootheid" van die gebeurtenis, die samestelling van items alreeds gelys, tesame met die relatiewe volledigheid van die artikel is die kriteria wat gebruik word, tesame met die vereiste vir toepaslike "konteks".
Probeer ook asseblief om elke inskrywing in 'n enkele sin te stel. Waak ook teen 'n Anglo- of Amerosentriese lys gebeure, waar dinge uit suidelike Afrika dalk meer relevant sou wees.
Uitgesoekte herdenkings sub-bladsye
wysig- /Januarie
- /Februarie
- /Maart
- /April
- /Mei
- /Junie
- /Julie
- /Augustus
- /September
- /Oktober
- /November
- /Desember