Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Januarie
Sjabloon:UitgesoekteHerdenkingsKalender
1 Januarie: Nuwejaarsdag; Kopieregvervaldag.
- 1801 – Kragtens die Act of Union smelt die Koninkryke van Ierland en Groot-Brittanje saam in die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland.
- 1954 – Apartheid: Die Wet op Bantoeonderwys, Nr. 47 van 1953, word van krag.
- 1959 – President Fulgencio Batista van Kuba vlug na die Dominikaanse Republiek nadat magte onder Fidel Castro beheer oor Havana oorneem.
- 1983 – Die ARPANET verander sy netwerkprotokol van NCP na TCP/IP, wat die begin van die Internet soos ons dit vandag ken, beteken.
- 1999 – 11 lande van die Europese Unie neem die euro as geldeenheid aan.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 366 – Die Alemanne kruis die bevrore Rynrivier in groot getalle om die Romeinse Ryk in te val.
- 533 – Mercurius word pous Johannes II, die eerste pous wat 'n nuwe naam aanneem ná sy bestyging tot die pousdom.
- 1666 – Die hoekstene van die Kasteel in Kaapstad word deur Zacharias Wagenaer en andere gelê.
- 1788 – Georgia word die 4de deelstaat van die Verenigde State.
- 1920 – Isaac Asimov word in Petrowitsji, Rusland, gebore.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1496 – Leonardo da Vinci probeer onsuksesvol om 'n "vliegmasjien" te laat vlieg.
- 1892 – Die skrywer J.R.R. Tolkien word in Bloemfontein, Suid-Afrika, gebore.
- 1918 – Finland se onafhanklikheidsverklaring van Rusland wat op 6 Desember 1917 gemaak is, word erken.
- 1959 – Alaska word die 49ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1969 – Michael Schumacher word op die dorp Hürth (naby Keulen), Duitsland, gebore.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1493 – Christopher Columbus verlaat die Nuwe Wêreld en beëindig só sy eerste reis.
- 1938 – Noorweë eis Koningin Maudland in Antarktika op.
- 1948 – Mianmar verkry onafhanklikheid van die Britse Ryk sonder om die Britse Statebond te betree.
- 1959 – Loena 1 van die Sowjetunie se Loena-ruimteprogram word die eerste ruimtetuig wat om die maan vlieg.
- 1987 – Apartheid: Die Arbeiderspartyleier eerwaarde Allan Hendrickse en 150 ondersteuners baai in protesaksie by die Kings Beach-strand in Port Elizabeth, wat "slegs vir blankes" is.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
5 Januarie: Twaalfde Nag (Christendom)
- 1066 – Harold Godwinson word koning van Engeland.
- 1933 – Bouwerk begin aan die Golden Gate-brug in San Francisco-baai.
- 1998 – Montreal in Quebec, Kanada, word deur 'n swaar ysreën en temperature van -35 °C getref, wat daartoe lei dat duisende inwoners hul huise moet verlaat en 15 800 soldate na Montreal opgeroep word.
- 2000 – Die eerste dag van die Al-Kaïda-spitsberaad van 2000.
- 2005 – Michael E. Brown, Chad Trujillo en David L. Rabinowitz ontdek die dwergplaneet Eris.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
6 Januarie: Driekoningedag in die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1838 – Samuel Morse toets die elektriese telegraaf vir die eerste keer suksesvol.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Duisend mense kom om in 'n aanval deur magte van die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Oranje-Vrystaat tydens die 118 dae lange beleg van Ladysmith.
- 1907 – Maria Montessori open haar eerste skool en dagsorgsentrum vir werkersklaskinders in Rome, Italië.
- 1912 – Nieu-Meksiko word die 47ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1995 – 'n Brand in 'n woonstel in Manila in die Filippyne lei tot die ontbloting van die beplande Operation Bojinka-komplot van Al-Kaïda.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
7 Januarie: Kersfees volgens die Juliaanse kalender en baie Oosters-Ortodokse Kerke.
- 1610 – Galileo Galilei se waarnemings onthul vir die eerste keer die vier grootste mane van Jupiter: Kallisto, Europa, Ganimedes en Io.
- 1785 – Die Fransman Jean-Pierre Blanchard en Amerikaner John Jeffries word die eerste mense wat die Engelse Kanaal deur die lug oorsteek in 'n lugballon.
- 1927 – Die eerste Trans-Atlantiese telefoonoproep word van New York na Londen gemaak.
- 1940 – Tydens die Winteroorlog tussen Finland en die Sowjetunie kom die Sweedse Vrywilligerlugmag te staan teen 12 vegvliegtuie, 5 bomwerpers en 8 ander vliegtuie.
- 1975 – OPUL verhoog die prys van ru-olie met 10 persent.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1806 – Die Slag van Blaauwberg vind plaas gevolg deur die tweede Britse besetting van die Kaap.
- 1889 – Herman Hollerith ontvang 'n patent vir sy elektriese tabelleermasjien.
- 1912 – Die South African Native National Congress (SANNC) word as voorloper van die African National Congress in Bloemfontein gestig.
- 1935 – Gebore: Elvis Presley, Amerikaanse sanger, kitaarspeler en akteur.
- 2004 – RMS Queen Mary 2, die grootste passasiersskip ooit, word gedoop deur haar naamgenoot se kleindogter, koningin Elizabeth II.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1788 – Connecticut word die 5de deelstaat van die Verenigde State.
- 1871 – Die Afrikaanse digter, skrywer, regsman en natuurkenner Eugène Marais word in Pretoria gebore.
- 1878 – Humbertus die Goeie word koning van Italië.
- 1908 – Die skrywer, filosoof en feminis Simone de Beauvoir word in Parys, Frankryk, gebore.
- 1996 – Die Nasionale Misdaadinligting-bestuursentrum maak syfers bekend wat bevestig dat Suid-Afrika die gewelddadigste land ter wêreld buite 'n oorlogsgebied is.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 49 v.C. – Julius Caesar en sy X Equestris-legioen kruis die Rubicon en oortree daarmee Romeinse reg en begin 'n burgeroorlog.
- 1810 – Napoleon Bonaparte skei van keiserin Joséphine, sy kinderlose eerste vrou.
- 1929 – Die Belgiese kunstenaar Hergé skep Kuifie (Frans: Tintin), 'n denkbeeldige karakter wat in meer as 200 miljoen strokiesprentboeke in 40 tale gepubliseer is.
- 1946 – Die eerste algemene vergadering van die Verenigde Nasies open in Londen. Altesaam 51 lidlande is teenwoordig.
- 1967 – Leabua Jonathan en John Vorster, eerste minister van onderskeidelik Lesotho en Suid-Afrika, ontmoet in Kaapstad.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1787 – William Herschel ontdek Oberon en Titania, twee mane van die planeet Uranus.
- 1859 – Gebore: John Tengo Jabavu, swart politieke aktivis en redakteur van Suid-Afrika se eerste onafhanklike swart koerant, Imvo Zabantsundu, wat in Engels en Xhosa uitgegee is.
- 1879 – Die Anglo-Zoeloe-oorlog breek uit nadat Cetshwayo nie reageer op die Britse ultimatum van 11 Desember 1878 nie.
- 1887 – Francis William Reitz word tot president van die Oranje-Vrystaat verkies.
- 1922 – Insulien word in Toronto, Kanada, vir die eerste keer gebruik op 'n menslike pasiënt met suikersiekte.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1904 – Namibiese volksmoord 1904-1908: 'n Paar honderd berede Herero's val Okahandja in die destydse Duits-Suidwes-Afrika aan. Geboue word aan die brand gesteek en 123 mense, meestal Duitsers, sterf.
- 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Suid-Afrikaanse magte val Duits-Suidwes-Afrika by Ramansdrift in.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die Rooi Leër begin 'n reuse-offensief aan die Oostelike Front wat die Duitse linies by Vistula breek en die weg baan vir die oorwinning van Berlyn.
- 1970 – Die selfverklaarde Republiek van Biafra in Suidoos-Nigerië gee oor en dit bring 'n einde aan die Nigeriese Burgeroorlog.
- 2010 – ’n Aardbewing van 7,0 op die Richterskaal vernietig die Haitiaanse hoofstad Port-au-Prince grotendeels met sterftes tussen 220 000 en 500 000.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
13 Januarie: Sint Knoet-dag in Estland, Finland en Swede.
- 1898 – Émile Zola publiseer J'Accuse om die Dreyfus-aangeleentheid bloot te lê en beskuldig die Franse regering van antisemitisme.
- 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Suid-Afrikaanse troepe beset Swakopmund in Duits-Suidwes-Afrika.
- 1956 – Frankryk stig 'n permanent bemande navorsingsbasis, die Dumont d'Urville-stasie, in Adélieland in Antarktika.
- 1957 – Die speelgoedmaatskappy Wham-O vervaardig hulle eerste vlieënde skyf, wat later herdoop is tot die frisbee.
- 1986 – 'n Maand lange gewelddadige stryd begin in Aden, Suid-Jemen, tussen ondersteuners van Ali Nasir Muhammad en Abdul Fattah Ismail, wat duisende sterftes tot gevolg het.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
14 Januarie: Ratifikasiedag in die Verenigde State (1784).
- 1301 – Die Árpád-dinastie in Hongarye eindig.
- 1814 – Napoleontiese Oorloë: Met die Vrede van Kiel word die personele unie tussen Denemarke en Noorweë opgelos en Noorweë val onder Sweedse heerskappy.
- 1918 – Demetrios Tsafendas, wat Hendrik Verwoerd op 6 September 1966 vermoor het, word in Lourenço Marques, Mosambiek, gebore.
- 1972 – Koningin Margrethe II, tot in 2024 monarg van Denemarke, bestyg die troon kragtens 'n nuwe opvolgingswet.
- 2004 – Die nasionale vlag van Georgië, die sogenaamde Vyf-kruisevlag, word tot amptelike gebruik herstel ná 'n onderbreking van ongeveer 500 jaar.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
15 Januarie: Jallikattu, wilde bultemming in Indië; John Chilembwe-dag in Malawi.
- 1709 – Pous Clemens XI word gedwing om Karel, aartshertog van Oostenryk, as koning van Spanje te aanvaar.
- 1759 – Die Britse Museum in Londen open sy deure vir die publiek.
- 1876 – Die eerste koerant in Afrikaans, Die Patriot met C.P. Hoogenhout as redakteur, word in die Paarl uitgegee.
- 1919 – Rosa Luxemburg en Karl Liebknecht, twee van die mees prominente sosialiste in Duitsland, word deur die Freikorps gemartel en vermoor.
- 2001 – Die Engelse Wikipedia, 'n wiki en vrye-inhoud-ensiklopedie, word amptelik bekendgestel.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1547 – Iwan die Verskriklike word gekroon tot tsaar van Rusland.
- 1605 – Boek Een van Don Quichot, El ingenioso hidalgo Don Quijote de la Mancha, deur Miguel de Cervantes word vir die eerste keer in Madrid, Spanje, uitgegee.
- 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Die Zimmermann-telegram word gestuur.
- 1971 – Die eerste Kaap na Rio-seiljagwedvaart begin in Tafelbaai.
- 2006 – Ellen Johnson-Sirleaf word ingehuldig as president van Liberië.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1852 – Die Sandrivierkonvensie, waarvolgens Brittanje alle aansprake op mag anderkant die Vaalriver prysgee, word geteken.
- 1946 – Die Sekuriteitsraad van die Verenigde Nasies vergader vir die eerste keer in Church House in Londen.
- 1961 – Patrice Lumumba, die voormalige premier van die Demokratiese Republiek van die Kongo, sterf in 'n sluipmoordaanval in Katanga.
- 1995 – Groot Hansjin-aardbewing: 'n Aardbewing wat 7,2 op die Richterskaal registreer, vind naby Kobe, Japan, plaas met meer as 6 000 dood en meer as $100 miljard se skade aan eiendom.
- 2002 – Demokratiese Republiek van die Kongo: Die vulkaan Nyiragongo kom tot uitbarsting.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1677 – Jan van Riebeeck (57) sterf in Batavia.
- 1871 – Frans-Duitse Oorlog: Die Pruisiese koning, Wilhelm I, word in die kasteel van Versailles tot keiser van die Duitse Keiserryk verklaar.
- 1925 – Gilles Deleuze, Franse filosoof van die laat 20ste eeu, word in Parys, Frankryk, gebore.
- 1902 – Kommandant Gideon Scheepers word naby Graaff-Reinet voor 'n vuurpeloton tereggestel nadat hy deur 'n Britse krygshof skuldig bevind is op aanklagte van moord, brandstigting en die vernietiging van treine tydens die Tweede Vryheidsoorlog.
- 2006 – Dr. Anton Rupert, Afrikaanse entrepreneur, sterf op die ouderdom van 89 jaar by sy huis op Stellenbosch.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1419 – Tydens die Honderdjarige Oorlog tussen Engeland en Frankryk word Rouen deur die Engelse koning Hendrik V ingeneem en Normandië by Engeland ingelyf.
- 1839 – Die Royal Marines land by Aden om seerowers te verhoed om Britse skepe na en van Indië aan te val. Aden sou tot in 1967 onder Britse beheer bly.
- 1937 – Howard Hughes stel 'n nuwe rekord op deur in 7 uur, 28 minute en 25 sekondes van Los Angeles na New York te vlieg.
- 1984 – Die Standerbende beroof drie banke in minder as 'n uur in Johannesburg se middestad.
- 1996 – Die Afrikanasiesbeker skop af in Johannesburg, Suid-Afrika.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
20 Januarie: Inhuldigingsdag in die Verenigde State van Amerika; Dag van Landswye Verdriet in Azerbeidjan (1990).
- 1265 – Die Engelse Parlement vergader vir die eerste keer in die Westminster-paleis nadat dit deur Simon de Montfort byeengeroep is.
- 1320 – Nadat hy Pole herenig het, word Wladislaus die Korte in Krakau as Poolse koning gekroon.
- 1775 – André-Marie Ampère, fisikus en algemeen beskou as een van die hoofontdekkers van elektromagnetisme, word naby sy vader se landhuis in Poleymieux-au-Mont-d'Oras, Frankryk, gebore.
- 1936 – Oorlede: George V, koning van die Verenigde Koninkryk en die Britse Dominiums; Keiser van Indië.
- 1942 – Nazi's by die Wannsee-kongres in Berlyn besluit op die sogenaamde Eindoplossing tot die Joodse vraagstuk, wat uiteindelik sou lei tot die Joodse volksmoord.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 304 – Die dertienjarige Sint Agnes, die beskermheilige van jong meisies, word tereggestel vir die weiering van 'n huweliksaanbod.
- 1793 – Franse Rewolusie: Nadat hy deur die nasionale Konvensie aan verraad skuldig bevind is, word koning Lodewyk XVI per guillotine voor 'n juigende skare tereggestel.
- 1960 – Coalbrook-ramp: 435 mense sterf in die steenkoolmyn by Sasolburg.
- 1969 – Suid-Afrika teken 'n verdrag met Portugal (wat namens Angola optree) oor die eerstefase-ontwikkeling van die waterhulpbronne van die Kuneneriviervallei.
- 1976 – Die Concorde begin handelsvlugte na Londen, Parys, Bahrein en Rio de Janeiro.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
22 Januarie: Uniedag in Oekraïne (1919).
- 1772 – Die Crozeteilande word onderweg van Mauritius na Tahiti deur Marc-Joseph Marion du Fresne ontdek.
- 1879 – Britse magte in Zoeloeland lei 'n verpletterende nederlaag teen Cetshwayo se impi's in die Slag van Isandlwana.
- 1905 – Russiese Rewolusie: Vreedsame betogings gelei deur Vader Gapon eindig in ’n menseslagting op Bloedige Sondag buite die Winterpaleis in Sint Petersburg.
- 1929 – Cornelis Lely, Nederlandse waterboukunde-ingenieur, minister en goewerneur, sterf.
- 1936 – Die Franse eerste minister, Pierre Laval, word gedwing om te bedank nadat die oplossing wat hy en die Britse minister van buitelandse sake, Samuel Hoare, vir die Abessiniese Krisis beplan het, aan die pers gelek word.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1517 – Na die neerlaag teen die Ottomane by Giza en die gevangeneming van hul sultan Tuman Bay eindig die heerskap van die Mamelukke in Egipte, wat by die Ottomaanse Ryk ingelyf word.
- 1579 – Die Unie van Utrecht word geteken, wat die provinsies in Noord-Nederland verenig.
- 1719 – Die Romeinse keiser Karel VI skep Liechtenstein, die enigste prinsdom van die Heilige Romeinse Ryk wat nog bestaan.
- 1831 – Die vlag van België word aanvaar as die vlag van die nuwe land wat gevorm is nadat België in 1830 sy onafhanklikheid van Nederland verkry het.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Spioenkop begin sowat 38 km wessuidwes van Ladysmith langs die Tugelarivier in die Natalkolonie, Suid-Afrika.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1872 – William Webb Ellis, wat dikwels as die vader van rugby beskou word, sterf in die suide van Frankryk.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Britte onder generaal Warren gee by Spioenkop oor aan generaal Botha nadat meer as 1 000 Britse soldate en 60 Boere in die slag omkom.
- 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van Doggersbank tussen die vlote van die Duitse Keiserryk en die Verenigde Koninkryk vind plaas.
- 1924 – Sint Petersburg, wat in 1703 deur Pieter die Grote van Rusland gestig is en in 1924 Petrograd geheet het, word drie dae ná die dood van Wladimir Lenin tot Leningrad herdoop.
- 1965 – Winston Churchill, Britse politikus wat veral bekend was as eerste minister van die Verenigde Koninkryk gedurende die Tweede Wêreldoorlog, sterf.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
25 Januarie: Burnsnag in Skotland
- 1554 – São Paulo (Portugees vir Sint Paulus) word in Brasilië gestig.
- 1919 – Die Volkebond, 'n voorloper van die Verenigde Nasies, word gestig om "'n einde aan alle oorloë" te bewerkstellig.
- 1924 – Die eerste Olimpiese Winterspele open teen die voet van Mont Blanc in Chamonix, Frankryk.
- 1947 – Al Capone, berugte Amerikaanse bendeleier in die 1920's en 1930's, sterf.
- 1971 – Generaal Idi Amin neem die mag oor in Uganda van die eerste minister Milton Obote en begin daarmee agt jaar van militêre regering.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
26 Januarie: Australiëdag in Australië (1788), Republiekdag in Indië (1950).
- 1700 – 'n Aardbewing van 9 op die Richterskaal vind aan die Amerikaanse kus van die Stille Oseaan plaas, soos blyk uit Japannese tsoenamirekords.
- 1788 – Die Britse Eerste Vloot, gelei deur kaptein Arthur Phillip, land by die Sydney-inham net buite die hedendaagse Sydney om die eerste permanente Europese vesting in Australië te stig.
- 1837 – Michigan word die 26ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1862 – Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog skei Louisiana van die Unie af. Federale troepe verower die stad New Orleans op 25 April.
- 1962 – Bouwerk begin aan die Pretoriase Kunsmuseum in Arcadia, Pretoria.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
27 Januarie: Gedenkdag vir die Joodse volksmoord in die Verenigde Koninkryk en ander lande
- 1756 – Wolfgang Amadeus Mozart word in Salzburg in die aartsbisdom Salzburg gebore.
- 1775 – Friedrich Schelling, Duitse filosoof, word gebore in Leonberg in Württemberg.
- 1888 – Die National Geographic Society, uitgewer van die tydskrif National Geographic, word gestig.
- 1945 – Die Rooi Leër bevry 7 500 gevangenes wat deur Nazi-personeel in die Auschwitz-konsentrasiekampe in Oświęcim, Pole, agtergelaat is.
- 1967 – Die Apollo 1-ruimtetuig word deur 'n brand vernietig by die Kennedy-ruimtesentrum. Die ruimtevaarders Gus Grissom, Edward Higgins White en Roger B. Chaffee sterf in die voorval.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1521 – Die Ryksdag van Worms word byeengeroep om Martin Luther en die Protestantse Hervorming in die Heilige Romeinse Ryk te bespreek.
- 1871 – Georges de Villebois-Mareuil, wat ook teen die Britte geveg het in die Tweede Vryheidsoorlog, word swaar gewond in 'n slag om die brug van Blois vanaf Pruise te herower.
- 1881 – Eerste Vryheidsoorlog: Die slag van Laingsnek vind plaas en genl. Piet Joubert verslaan die magte van genl. Sir George Colley.
- 1921 – 'n Simboliese Graf van die Onbekende Soldaat word onder die Arc de Triomphe in Parys aangebring.
- 1986 – Die Nasa-ruimtependeltuig Challenger ontplof 73 sekondes ná sy lansering op die tuig se tiende sending.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1856 – Die Victoriakruis word vir die eerste keer toegeken ter erkenning van dapper optrede tydens die Krimoorlog.
- 1861 – Kansas word die 34ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1886 – Carl Benz doen aansoek om 'n patent vir die eerste suksesvolle petrolaangedrewe motor.
- 1950 – Jody Scheckter, voormalige Suid-Afrikaanse renjaer en die Formule Een-wêreldkampioen van 1979, word in Oos-Londen gebore.
- 2002 – In sy State of the Union-toespraak beskryf president George W. Bush van die Verenigde State Irak, Iran en Noord-Korea as "regimes wat terreur borg" en 'n "as van boosheid" vorm.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
30 Januarie: Marteldag in Indië.
- 1649 – Koning Karel I word onthoof vir hoogverraad voor die Banqueting House in Londen tydens die Engelse Burgeroorlog.
- 1820 – Edward Bransfield van die Britse Vloot land op die vasteland van Antarktika.
- 1933 – Adolf Hitler word beëdig as kanselier van Duitsland.
- 1948 – Mahatma Gandhi sterf in 'n sluipmoordaanval.
- 1981 – Apartheid: 24 mense sterf in Operasie Beanbag, 'n aanval deur die Suid-Afrikaanse Weermag op die ANC en PAC in Matola, 'n woonbuurt in Maputo, Mosambiek.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
31 Januarie: Onafhanklikheidsdag in Nauru (1968).
- 1606 – Guy Fawkes word tereggestel vir sy aandeel in die Buskruitverraad teen die Engelse parlement en koning Jakobus I.
- 1876 – Die Verenigde State beveel alle inheemse Amerikaners om na reservate te trek.
- 1938 – Die voormalige koningin Beatrix van Nederland, Aruba, Curaçao en Sint Maarten word gebore.
- 1946 – In Joego-Slawië vestig 'n nuwe grondwet die ses republieke waaruit dit bestaan: Bosnië en Herzegowina, Kroasië, Masedonië, Montenegro, Serwië en Slowenië.
- 1968 – Nauru verkry onafhanklikheid van Australië, Nieu-Seeland en die Verenigde Koninkryk.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis