Roger B. Chaffee
Roger Bruce Chaffee (* 15 Februarie 1935 – † 27 Januarie 1967; Lieutenant-Kommandeur), was 'n Amerikaanse Vlootoffisier en vlieënier, lugvaartingenieur en Nasa-ruimtevaarder vir die Apollo-program. Hy is gewerf as deel van die Ruimtevaardergroep 3-inname. Hy sterf saam met ruimtevaarders Gus Grissom en Edward Higgins White gedurende toetswerk voor die eerste bemande Apollo-missie.
Roger B. Chaffee | |
---|---|
Roger B. Chaffee in September 1964 | |
Gebore | Roger Bruce Chaffee 15 Februarie 1935 |
Sterf | 27 Januarie 1967 (op 31) Cape Canaveral Air Force Station, Florida |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | ruimtevaarder |
Ouer(s) | Donald Lynn Chaffee Blanche May (Mike) Chaffee (née Mosher) |
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Roger B. Chaffee.