Beskermheilige
'n Beskermheilige, in Nederlands en Vlaams ook patroon of patrones genoem, is in die Rooms-Katolieke Kerk 'n heilige of 'n engel wat beskou en vereer word as beskermer van 'n stad, land, kerk, gilde, beroepsgroep of individu. Die beskermheilige kan in geval van siekte of ander nood aangeroep word. Dit kan ook die heilige wees wie se naam 'n mens (veral vir katolieke) by doop ontvang.
Voorbeelde
wysig- Isidorus van Sevilla is die beskermheilige van die Internet,
- H. Cyrillus en H. Methodius, beskermheiliges van Europa,
- die Heilige Josef is die beskermheilige van België,
- Sint George (ook soms Sint Joris genoem) is die beskermheilige van Engeland,
- Sint Patrick dié van Ierland,
- Sint Hubertus van die jag,
- Sint Maarten van die stad Utrecht in Nederland,
- Sint Nicolaas van seelui en ook van Amsterdam en van Rusland,
- Sint Christoffel is die beskermheilige van reisigers.
Eksterne skakels
wysig- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir beskermheilige.