Sint Patrick
Sint Patrick (Latyns: Patricius; Proto-Iers: *Qatrikias;[2] Moderne Iers: Pádraig [ˈpˠaːd̪ˠɾˠəɟ]; Wallies: Padrig) was 'n 5de eeuse Romeins-Britse Christelike sendeling en aartsbiskop van Armagh in Ierland. Sint Patrick, wat ook die "Apostel van Ierland" genoem word, is die hoofbeskermheilige van Ierland, naas Brigit van Kildare en Columba.
Sint Patrick | |
---|---|
Heilige | |
Gebore | Laat 4de of vroeë 5de eeu, Bannaventa Berniae, Wallis of Old Kilpatrick, West Dunbartonshire, Skotland |
Sterfte | 17 Maart 461 of 493, Graafskap Down, Ierland |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk Oosters-Katolieke Kerk Oosters-Ortodokse Kerk Anglikaanse Gemeenskap Lutheranisme |
Pelgrimsoord | Armagh, Noord-Ierland Glastonbury-abdy, Engeland |
Feesdag | Sint Patricksdag (17 Maart) |
Beskermheilige | Ierland, Nigerië, Montserrat, Rooms-Katolieke Aartsbisdom van New York Stad, Rooms-Katolieke Aartsbisdom van Newark, Boston, Rolla, Missouri (VSA), Loíza, Puerto Rico, Murcia (Spanje), Mac Giolla Phádraig, ingenieurs, prokureure, Aartsbisdom van Melbourne; teen slange opgeroep, sondes[1] |
Die lewensdatums van Patrick kan nie met sekerheid bepaal word nie, maar volgens 'n wydverspreide beskouing was hy 'n sendeling in Ierland gedurende die tweede helfte van die 5de eeu. Hy word algemeen as die eerste biskop van Armagh beskou en het die Christelike geloof nie net in Ierland gevestig nie, maar ook 'n belangrike rol by die kerstening van die Pikte en Angel-Saksers gespeel.
Skriftelike oorlewerings is beperk tot twee kort werke, Patrick se spirituele outobiografie Confessio, en sy Brief aan Coroticus waarin hy kritiek op die mishandeling van Ierse Christene in Brittanje lewer.[3]
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Saints by Cause". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Augustus 2006. Besoek op 25 Augustus 2006.
- ↑ (en) O'Rahilly, Thos. The Two Patricks: A Lecture on the History of Christianity in Fifth-century Ireland, bl. 43–44. Dublin Institute for Advanced Studies, 1942.
- ↑ Encyclopædia Britannica: Saint Patrick – Bishop and patron saint of Ireland
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sint Patrick.