Wilhelm I van Duitsland
Wilhelm I uit die dinastie Hohenzollern, volle naam Wilhelm Friedrich Ludwig, (* 22 Maart 1797 in Berlyn, Duitsland; † 9 Maart 1888 in Berlyn) het tussen 1861 en 1888 as koning van Pruise en tussen 1871 en 1888 as die eerste Duitse keiser geregeer.
Wilhelm I | |
---|---|
Duitse keiser en koning van Pruise | |
Wilhelm I
| |
Vorstehuis | Hohenzollern |
Titels | Duitse keiser en koning van Pruise |
Regeer | 18 Januarie 1871 – 9 Maart 1888 |
Kroning | 18 Oktober 1861 (as koning van Pruise) 18 Januarie 1871 (as duitse keiser) |
Voorganger | Friedrich Wilhelm IV (as koning van Pruise) |
Opvolger | Friedrich III |
Volle naam | Wilhelm Friedrich Ludwig |
Gebore | 22 Maart 1797; Berlyn, Duitsland |
Oorlede | 9 Maart 1888; Berlyn, Duitsland |
Begrawe | 16 Maart 1888; Kasteel Charlottenburg, Berlyn, Duitsland |
Eggenoot | Augusta van Sachsen-Weimar-Eisenach |
Kinders | Friedrich III Luise van Pruise (1838–1923) |
Vader | Friedrich Wilhelm IV |
Moeder | Luise van Mecklenburg-Strelitz |
Handtekening |
Wilhelm was die kleinseun van die prins August Wilhelm van Pruise en die seun van Friedrich Wilhelm IV. Hy word ná die Unifikasie van Duitsland in Versailles op 63-jarige leeftyd, Duitse keiser en regeer vir 17 jaar.
Sy regering is gekenmerk deur die buitelandsbeleid van sy Rykskanselier Otto von Bismarck, wat verbonde met Oostenryk-Hongarye, die Ottomaanse Ryk en die Koninkryk van Italië gesluit het. Sy regeringsstyl was konserwatief en teen die vroeë Sosiaaldemokrasie (die huidige SPD) en die Rooms-Katolieke Kerk gerig. Hy oorleef verskeie aanvalle, wat die vervolging van die Sosiaaldemokrasie vererger het. Tydens sy regering het die Duitse Keiserryk sy eerste kolonies verower.