Adélieland
- Hierdie artikel handel oor die Antarktiese kusgebied. Vir die artikel oor die Franse kolonie, sien asb. France Antarctique.
Adélieland (Frans: Terre Adélie) is die gedeelte van die Antarktiese kus tussen Pourquoi Pas-punt by 66°12′S, 136°11′O en Aldenpunt by 66°48′S, 142°02′O, met 'n kuslengte van 350 km en met die binneland daarvan wat as 'n sektor omtrent 2 600 km in die rigting van die Suidpool strek. Dit is een van vier distrikte van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede. Aangesien die grondgebied geheel en al suid van die 60° breedtegraad is, is die affiliasie met die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede in terme van die Antarktiese Verdrag opgeskort. Die grond gebied, wat meestal deur ys bedek is, word as 432 000 km² groot geskat.
| |||||
Nasionale leuse: Liberté, égalité, fraternité (Frans vir: "Vryheid, Gelykheid, Broederskap") | |||||
Volkslied: Marseillaise | |||||
Hoofstad | Dumont d'Urville-stasie | ||||
Grootste stad | Dumont d'Urville-stasie | ||||
Amptelike tale | Frans (de facto) | ||||
Regering | Franse oorsese gebied Emmanuel Macron Pascal Bolot Arnaud Quiniou | ||||
Onafhanklikheid Stigting
• Kuslyn ontdek |
1840 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
432 000 km2 166 796 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - -skatting - Digtheid |
ca. 33 (somer) <80 (winter) (-) / km2 | ||||
Geldeenheid | Euro (€) (EUR )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
(UTC+10) nie toegepas nie (UTC+10) | ||||
Internet-TLD | .tf | ||||
Skakelkode | +262 |
Sedert 12 Januarie 1956 is daar 'n permanent bemande Franse navorsingsbasis, Dumont d'Urville Station, met 'n winterbevolking van 33, wat tot 78 styg in die Antarktiese somer. Die eerste Franse stasie, Port Martin, is op 9 April 1950 by 66°49′S, 141°23′O, opgerig maar is op 21 Januarie 1952 deur 'n brand vernietig. Frankryk het ook 'n binnelandse stasie op die Antarktiese ysplaat, 300 km van die kus en van Dumont d'Urville Stasie, op 'n hoogte van 2400 meter, Charcot-stasie by 69°22′S, 139°01′O, van Januarie 1957 tot 1960 gehad wat slegs drie mense gehuisves het.
Adélieland grens beide in die ooste en die weste aan die Australies-Antarktiese Gebied, naamlik op Claireland (deel van Wilkesland) in die Weste, en George V-land in die Ooste.
Die kus is in 1837 deur die Franse ontdekkingsreisiger Jules Sébastien César Dumont d'Urville ontdek, wat dit na sy vrou, Adélie, vernoem het.
Eksterne skakel
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Adélieland.
- Inligting oor Adélieland op DiscoverFrance