Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/11 Maart
11 Maart: Rooineusdag in die Verenigde Koninkryk (2005)
- 1845 – Maori-magte onder leiding van die stamleiers Kawiti en Hone Heke vernietig die Britse nedersetting Kororareka in Nieu-Seeland en dit ontlont die Eerste Maori-oorlog.
- 1966 – President Sukarno van Indonesië, wat sedert die Tweede Wêreldoorlog aan die bewind was, word deur Suharto afgesit.
- 1990 – Die Litause Sosialistiese Sowjetrepubliek se bestaan eindig toe Litaue die herstel van sy onafhanklikheid van die Sowjetunie verklaar.
- 1996 – John Howard word die 25ste eerste minister van Australië.
- 2011 – 'n Verwoestende 9,0-aardbewing skud Japan en veroorsaak 'n tsoenami met meer as 15 700 sterftes.