Wikipedia:Voorbladartikel week 1 2020
'n Turboskroefmotor is 'n turbine-enjin wat gewoonlik 'n vliegtuig se skroef aandryf. 'n Turboskroefmotor is nie 'n ware straalmotor nie; die uitlaatgasse word nie gebruik om stukrag te verskaf nie, maar om die turbine aan te dryf.
In sy eenvoudigste ontwerp bestaan 'n turboskroefmotor uit 'n luginlaat, gaskompressor, ontbrandingskamer, turbine en uitlaatspuitstuk. Lug word deur die inlaat ingesuig en deur die kompressor saamgepers. Brandstof word by die saamgepersde lug gevoeg in die ontbrandingskamer, waar die lug-/brandstofmengsel ontbrand. Die warm gasse sit in die turbine uit. Van die energie in die warm gasse word gebruik om die turbine te draai; die res word deur die reduksieratkas na die skroef gestuur. Verdere uitsetting van die gasse vind plaas in die uitlaatspuitstuk, waar die druk tot atmosferiese druk verminder. Die uitlaatspuitstuk verskaf weinige stukrag, aangesien die meeste energie van die gasse deur die turbine en skroef geabsorbeer word.