Wikipedia:Voorbladbeeld week 17 2008
Ghadames, 'n antieke woestyndorpie in Libië, is ontwerp om die uiters warme Sahara-klimaat teë te staan. Huise is gebou uit modder, kalk en die stamme van palmbome. Die stegies tussenin word bedek om die inwoners beskerming teen die hitte te bied.
Foto-erkenning: Luca Galuzzi