Willem Frederik Gerard Nicolaï
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Willem Frederik Gerard Nicolaï (Leiden, 1829 – Den Haag, 1896) was 'n Nederlandse dirigent en komponis. Hy was een van die leidende figure uit die Nederlandse musieklewe van die tweede helfte van die 19de eeu.
Willem Frederik Gerard Nicolaï | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Willem Frederik Gerard Nicolaï |
Gebore | 20 November 1829 Leiden |
Sterf | 28 April 1896 Bloemendaal |
Beroep(e) | Komponis, dirigent en orrelis |
Instrumente | Orel |
Nicolaï studeer van 1849 tot '52 aan die konservatorium van Leipzig. Hy was 'n verdienstelike orrelis en vestig hom in 1852 as orrelis in Den Haag. In 1865 word hy direkteur van die destydse Koninklike Musiekskool (later Konservatorium) in Den Haag waar hy vroeër reeds as dosent aangestel is en bly direkteur tot sy dood in 1896. Hy was 'n bekende koordirigent en vrugbare komponis.
Willem Nicolaï was redakteur van die musiektydskrif Caecilia; hy komponeer operas, koorwerke, liedere en 'n oratorium, getiteld "Bonifacius". Van sy liedere is die bekendste die "Lied von der Glocke" (na 'n gedig van Schiller) en "Die schwedische Nachtigall", opgedra aan die destydse wêreldberoemde zangeres Jenny Lind. Hy was ook komponis van die "Vrystaatse Volkslied".
Publikasies
wysig- Handleiding bij het onderwijs in de theorie der muziek, vol. 1. 's-Gravenhage: M. Nijhoff, 1885.
- Handleiding bij het onderwijs in de theorie der muziek, vol. 2. 's-Gravenhage: M. Nijhoff, 1888. 104 p.
- Handleiding bij het onderwijs in de theorie der muziek, vol. 3. 's-Gravenhage: M. Nijhoff, 141 p.
Bronne
wysig- (af) Malan, dr. Jacques P. 1984. Suid-Afrikaanse musiekensiklopedie Deel III. Kaapstad: Oxford University Press (namens die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing).
- (af) Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. Afrikaanse kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.