William Robinson
William Robinson, (18 April 1820 – 26 Augustus 1914) , seun van Robert Robinson, is as Britse setlaar op pad na Suid-Afrika op die skip "Brilliant" gebore.
Hy het op Cradock skoolgegaan waar hy in 1838 onderwyser by die skool geword het. In 1840 stig hy die eerste skool in Potchefstroom. Hy het 'n bekende jagter in Sentraal-Afrika geword, veral in die Ngami-meergebied van die huidige Botswana en is as landdros van Rustenburg aangestel.
In 1856 was hy Voorsitter van die Komitee wat die grondwet vir die Transvaalse Republiek opgestel het. Hy was 'n kandidaat in die Presidensiële verkiesing in 1872, maar is deur ds TF Burgers verslaan. Hy het twee keer getrou. 'n Mej Schoombee en sy tweede vrou was 'n Mej Grobler.
Voor die Eerste Vryheidsoorlog (1880 - 1881) het hy op 'Vaalkop' naby Middelburg, Transvaal, geboer.
Voor die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902) het hy na Middelburg verhuis waar hy deur 'n seun versorg is.
Hy het geleidelik heeltemal blind geword, maar sy latere jare is aansienlik verlig deur 'n gereelde finansiële toelaag van sy broer sir JB Robinson.
Hy was die laaste bekende oorlewende van die Setlaars van 1820.
Bronnelys
wysig- Rowland Keith Robinson, William R Robinson, The Robinson Family Vol 5. GEDcom
- Settler's Centenary Genealogical records, (https://familysearch.org/search/catalog/305287)
- https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSVZ-YST8-Q?i=1448&cat=305287.
- M D Nash, "The Settler Handbook", (Chameleon Press ISBN 0 620 10940 8)