Windows 10 Mobile

Windows 10 Mobile is 'n mobiele bedryfstelsel wat deur Microsoft as voortsetting van sy Windows Phone-produklyn en opvolger van Windows Phone 8.1 ontwikkel is. Dit is ontwerp vir slimfone en klein tabletrekenaars met skerms van minder as agt duim. As deel van Microsoft se plan om die verskillende Windows-platforms tot een gemeenskaplike bedryfstelsel saam te smelt, word Windows 10 Mobile as 'n weergawe van Windows 10, Microsoft se bedryfstelsel vir persoonlike rekenaars, bemark.

Windows 10 Mobile
Deel van die Microsoft Windows 10-familie
Ontwikkelaar
Microsoft Corporation
Vrystellings
Aanvanklike vrystelling 20 November 2015
Voorskouweergawe 10.0.10586.107 (10 Februarie 2016)
Platforms wat ondersteun word 32 bis ARMv8, ARMv7, IA-32
Voorafgegaan deur Windows Phone 8.1
Ondersteuningstatus
Hoofstroomondersteuning tot en met 10 Desember 2019
Verdere leesstof

So is Windows 10 Mobile se mikpunt om versoenbaar met sy eweknie vir persoonlike rekenaars te wees, insluitende uitgebreide sinchronisasie van inhoud, 'n nuwe universele platform wat die gebruik van een en dieselfde toepassing op verskillende Windows 10-toestelle soos persoonlike rekenaars, mobiele en Xbox-toestelle moontlik maak. Bepaalde mobiele toestelle sal met 'n eksterne skerm, muis en sleutelbord verbind kan word.

Microsoft het daarnaas werktuie ontwikkel waarmee programmeerders bepaalde toepassings van Apple se mobiele bedryfstelsel iOS maklik vir gebruik op Windows 10-toestelle sal kan aanpas.