Slimfoon
Tegnologies gevorderde selfoon
'n Slimfoon is 'n tegnologies gevorderde selfoon wat mobiele kommunikasie met die rekenkrag van 'n tabletrekenaar en internettoegang verbind en as mediaspeler, digitale kamera en GPS-navigasietoestel gebruik kan word. Baie moderne slimfone word met hoë resolusie-raakskerms toegerus waarop standaard-webblaaie, asook webblaaie wat vir mobiele toestelle geoptimaliseer is, vertoon kan word. Internettoegang word deur mobiele breëbanddienste of draadlose netwerke verskaf.
Tans is daar 'n verskeidenheid vrye en kommersiële bedryfstelsels vir slimfone beskikbaar, waaronder Google se Android, Apple Inc. se iOS en Microsoft se Windows Phone.[1][2][3]
Verwysings
- ↑ "Smartphones Heavily Decrease Sales of iPod, MP3 Players". Tom's Hardware. 30 Desember 2012.
- ↑ Reisinger, Don (17 Oktober 2012). "Worldwide smartphone user base hits 1 billion". CNet. Besoek op 26 Julie 2013.
- ↑ "Smartphones now outsell 'dumb' phones". 3 News NZ. 29 April 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2013. Besoek op 29 April 2013.