Android

(Aangestuur vanaf Google Android)

Android [ˈændɹɔɪd] is 'n oopbron-bedryfstelsel en sagteware-platform vir mobiele toestelle soos slimfone, selfone, mediaspelers, netboeke en tabletrekenaars wat deur die Open Handset Alliance ontwikkel word, 'n konsortium van 84 ondernemings uit die inligtingstegnologie- en telekommunikasiebedryf wat belangstelling het in die bevordering van oop standaarde vir mobiele toestelle en wat deur die Amerikaanse maatskappy Google in die lewe geroep is.[7][8] Android is die geesteskind van Andy Rubin, eienaar van die IT-maatskappy Android Inc wat in 2005 deur Google uitgekoop is.

Android
Be together. Not the same.
Android 14

Ontwikkelaar Google
Open Handset Alliance
Aanvanklike vrystelling 23 September 2008[1]
Nuutste weergawe 11/ 8 September 2020
Nuutste betaweergawe Android 11 Beta 3[2]/ 6 Augustus 2020
Programmeertaal C (core), C++, Java (UI)[3]
Platform 32-bit en 64-bit ARM, MIPS,[4] x86,[5] x86-64
Beskikbaar in Veeltalig (100+ tale, insluitende Afrikaans)
Lisensie Apache License 2.0
gemodifiseerde Linux kernel onder GNU GPL v2[6]
Webblad www.android.com

Die Android-bedryfstelsel is gebaseer op Linux en dit word vrygestel onder die Apache-lisensie. Die vervaardigers van selfone wat van Android gebruik maak, is onder andere Motorola, HTC, Huawei, Samsung en LG.

Android was tot kort voor die openbare bekendstelling op 5 November 2007 bekend as die gPhone. Dié bekendstelling het gepaard gegaan met die stigting van die Open Handset Alliance.

Verwysings

wysig
  1. "Announcing the Android 1.0 SDK, release 1" (in Engels). 9 September 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2016. Besoek op 5 Desember 2014.
  2. PressReader.com - Die Burger, 17 Junie 2020: Android 11 nou hier - maar nog net vir dié fone. Besoek op 19 Julie 2020
  3. (en) "Android Code Analysis". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 5 Desember 2014.
  4. (en) "MIPS gets sweet with Honeycomb". Eetimes.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2012. Besoek op 5 Desember 2014.
  5. Shah, Agam (1 Desember 2011). "Google's Android 4.0 ported to x86 processors". Computerworld (in Engels). International Data Group. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Junie 2014. Besoek op 5 Desember 2014.
  6. "Licenses". Android Open Source Project. (in Engels). Open Handset Alliance. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2015. Besoek op 5 Desember 2014.
  7. "Open Handset Alliance" (in Engels). Open Handset Alliance. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2020. Besoek op 6 November 2007.
  8. Jackson, Rob (10 Desember 2008). "Sony Ericsson, HTC Androids Set For Summer 2009". Android Phone Fans (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 3 September 2009.

Eksterne skakels

wysig
Wiki-webtuistes

Amptelike Android-webtuiste (bedryfstelsel & toestelle)