- Hierdie artikel handel oor die Amerikaanse maatskappy. Vir die soekenjin, sien gerus Google-soekenjin.
Google LLC (NASDAQ: GOOG) is 'n multinasionale Amerikaanse onderneming wat op internet-gebaseerde dienste en produkte fokus, waaronder advertensie-verwante tegnologieë, soekenjins (waarvan die bekendste die onderneming se naam dra), wolkrekenaardienste, sagteware en hardeware. Tans word dit as een van die Big Four of groot vier ondernemings in die tegnologiebedryf beskou - naas Amazon, Apple en Facebook. Die onderneming se missieverklaring is «om die wêreld se inligting te organiseer en dit op 'n universele basis toeganklik en nuttig te maak».[5]
Google LLC | |
Tipe | Dogtermaatskappy van Alphabet Inc. |
---|---|
Gestig | 4 September 1998[1][2] |
Hoofkantoor | Mountain View, Kalifornië[3], Verenigde State |
Sleutelpersone | Eric Schmidt (hoof uitvoerende beampte) Larry Page (voorsitter van die Raad en medestigter) Sergey Brin (medestigter) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | internet, rekenaarsagteware, telekommunikasieuitrusting |
Produkte | Google Chrome Google-soekenjin Chrome OS Pixel-slimfone |
Inkomste | $59,82 miljard[4] (2013) |
Bedryfsinkomste | $13,96 miljard[4] (2013) |
Netto inkomste | $12,92 miljard[4] (2013) |
Werknemers | 103 459 (1ste kwartaal 2019) |
Moedermaatskappy | Alphabet Inc. |
Dogter- maatskappye | AdMob, DoubleClick, On2 Technologies, Picnik, YouTube, Zagat, Waze, Blogger, SlickLogin, Boston Dynamics, Bump, Nest Labs, DeepMind Technologies, WIMM One, VirusTotal |
Webwerf | google.com |
Google is in September 1998 deur Larry Page en Sergey Brin, twee Ph.D.-studente aan die Kaliforniese Stanford-universiteit, in die motorhuis van 'n vriend gestig. Die onderneming se hoofkantoor, Googleplex, is in Mountain View, Kalifornië geleë. Die maatskappy het op 19 Augustus 2004 op die Amerikaanse beurs genoteer.
Die naam Google
Die woord "google" is 'n afgelei van "googol". Googol is 'n sinoniem vir 'n 1 met honderd nulle.
Oorspronklik sou Google as "Googol" bekend gestaan het, maar as gevolg van 'n spelfout deur een van die stigters word dit later Google. 'n Ander moontlike rede is dat die domeinnaam googol.com toe reeds beset was.
Verwysings
- ↑ "Company" (in Engels). Google. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2014. Besoek op 13 April 2014.
- ↑ Claburn, Thomas. "Google Founded By Sergey Brin, Larry Page... And Hubert Chang?!?" (in Engels). InformationWeek. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Julie 2012. Besoek op 13 April 2014.
- ↑ "Locations - Google Jobs" (in Engels). Google.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2013. Besoek op 13 April 2014.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 "Google Inc, Form 10-K, Annual Report, Filing Date Jan 29, 2013" (in Engels). secdatabase.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 November 2018. Besoek op 13 April 2014.
- ↑ The Balance Careers: Company Profile and Job Information for Google. Besoek op 29 Oktober 2019
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Google.
- (en) Oorsig oor Google se dienste en toepassings
- (af) Die Afrikaanse Google-soekenjin
- Brin, Sergey; Page, Lawrence (1998). "The anatomy of a large-scale hypertextual Web search engine" (PDF). Computer Networks and ISDN Systems. 30 (1–7): 107–117. CiteSeerX 10.1.1.115.5930. doi:10.1016/S0169-7552(98)00110-X. ISSN 0169-7552. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 27 September 2015. Besoek op 7 April 2019.
- Barroso, L.A.; Dean, J.; Holzle, U. (29 April 2003). "Web search for a planet: the google cluster architecture". IEEE Micro. 23 (2): 22–28. doi:10.1109/mm.2003.1196112. ISSN 0272-1732.
We believe that the best price/performance tradeoff for our applications comes from fashioning a reliable computing infrastructure from clusters of unreliable commodity PCs.