Winooski is 'n stad in die distrik Chittenden van die deelstaat Vermont (noordoostelike Verenigde State). Winooski, wat aan die monding van die Winooskirivier lê, het volgens die sensus van die jaar 2010 'n bevolking van 6 561 mense.

Winooski
Stad
Meul en watervalle in Winooski
Meul en watervalle in Winooski
Ligging van Winooski in Vermont, VSA
Ligging van Winooski in Vermont, VSA
Koördinate: 44°29′42″N 73°10′57″W / 44.49500°N 73.18250°W / 44.49500; -73.18250
LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
DeelstaatVermont
CountyChittenden
Oppervlak
 • Totaal3,9 km2 (1,5 vk. myl)
 • Land3,7 km2 (1,4 vk. myl)
 • Water0,2 km2 (0,1 vk. myl)
Hoogte
54 m (177 ft)
Bevolking
 • Totaal6 561
 • Digtheid1 770,7/km2 (4 586,1/vk. myl)
TydsoneUTC-05:00 (EST)
 • SomertydUTC-04:00 (EDT)
ZIP-kode
05404
Skakelkodes802
Webwerfonioncity.com

Die woord "winooski" is ontleen aan 'n woord uit die taal van die Abenaki, Winoskitegw, en beteken "rivier van die uieland". Die stad se bynaam is dan ook "Onion City". Hierdie wilde uie het soos bieslook (grasuie) of prei gelyk, maar kom deesdae in die stadsgebied nie meer voor nie.

Winooski het ook die Courage Brothers se lied She Knows geïnspireer.

Winooski huisves die hoofkwartier van die VSAC, die Vermont Students Assistance Corporation.

Geografie

wysig

Volgens die Verenigde State se Sensusburo het die stad 'n totale oppervlak van 3,9 vierkante kilometer (1,5 vierkante myl), waarvan 3,7 vierkante kilometer (1,4 vierkante myl) land en 0,2 vierkante kilometer (0,1 vierkante myl) of 5,3 persent water.

Geskiedenis

wysig

Vanweë sy ligging langs 'n belangrike handelsroete het Winooski waarskynlik as 'n handelspos ontstaan. 'n Indrukwekkende reeks watervalle het die aanleiding vir die oprigting van nywerhede gegee, en Winooski het vinnig tot 'n sentrum van wolverwerking ontwikkel.

Besienswaardighede

wysig

Die Champlainmeul in die middestad van Winooski dien as die hoofkwartier van Winooski se Historiese Vereniging (Winooski Historical Society) en huisves daarnaas ook die plaaslike museum.

Eksterne skakels

wysig
  Deelstaat Vermont
Onderwerpe

Grondwet | Kultuur | Geografie | Regering | Geskiedenis | Ekonomie | Stede | Nedersettings in Vermont

Hoofstad

Montpelier

Streke

Champlainvallei | Groen Berge | Mount Mansfield | Northeast Kingdom

Distrikte

Addison | Bennington | Caledonia | Chittenden | Essex | Franklin | Grand Isle | Lamoille | Orange | Orleans | Rutland | Washington | Windham | Windsor

Stede

Barre | Burlington | Montpelier | Newport | Rutland | South Burlington | St. Albans | Vergennes | Winooski

Dorpe

Bennington | Calais | Stowe | Williston