Winsum is ook 'n dorp in die Nederlandse munisipaliteit Waadhoeke.

Winsum is 'n voormalige munisipaliteit en 'n dorp in die noordooste van Nederland.

Winsum
Voormalige munisipaliteit
Flag of Winsum
Vlag
Coat of arms of Winsum
Wapen
Ligging van Winsum
Koördinate: 53°19′52″N 6°30′57″O / 53.3312°N 6.5157°O / 53.3312; 6.5157
LandNederland
ProvinsieGroningen
MunisipaliteitHet Hogeland
Oppervlak
(2006)
 • Totaal102,53 km2 (39,59 vk. myl)
 • Land101,09 km2 (39,03 vk. myl)
 • Water1,44 km2 (0,56 vk. myl)
Bevolking
 (1 January, 2007)
 • Totaal14 001
 • Digtheid139/km2 (360/vk. myl)
 Bron: CBS, Statline.
TydsoneUTC+1 (SET)
 • SomertydUTC+2 (SEST)

Op 1 Januarie 2019 is Winsum opgegaan in die nuwe munisipaliteit Het Hogeland.

Die dorp Winsum is amptelik in 1057 gestig as die samesmelting van drie historiese dorpe: Obergum (noord), Winsum (middel) en Bellingeweer (suid). Die meerderheid van die dorp se 8000 inwoners pendel na die nabygeleë stad Groningen.

De Gouden Karper

Die dorp spog met twee tradisionele Hollandse windmeulens, twee historiese kerke, twee kanale, en een van Nederland se oudste tavernes. Die twee meulens, "De Ster" ("Die Ster") en "De Vriendschap" ("Die Vriendskap") is gebou in 1851 en 1801 onderskeidelik. Die gebou wat die taverne "De Gouden Karper" ("Die Goue Kurper") nou beslaan is in gebruik as 'n taverne sedert die 16de eeu en is die oudste (ongeverifieer) in Nederland.

Winsum is 'n susterstad van die Poolse Lubraniec.

Bevolking sentrums

wysig

Abbeweer, Adorp, Aduarderzijl, Alinghuizen, Allersma, Antum, Arwerd, Baflo, Bellingeweer, Beswerd, Bolshuizen, Dingen, De Raken, De Vennen, Den Andel, Duisterwinkel, Ernstheem, Ezinge, Feerwerd, Garnwerd,[1] Groot Wetsinge, Hammeland, Hardeweer, Harssens, Hekkum, Hiddingezijl, Klein Wetsinge, Krassum, Lutje Marne, Lutke Saaksum, Maarhuizen, Obergum, Oldenzijl, Oostum, Ranum, Rasquert, Saaxumhuizen, Sauwerd, Schapehals, Schaphalsterzijl, Schilligeham, Schifpot, Het Schoor, Suttum, Takkebos, Tijum, Tinallinge, Valkum, Wierum, Wierumerschouw, Wildeveld en Winsum.

Gebore

wysig

Verwysings

wysig
  1. Ezinge, Feerwerd en Garnwerd is toegevoeg aan die nuwe Westerkwartier-munisipaliteit.

Eksterne skakels

wysig