Winterthur
Winterthur (Frans: Winterthour, Latyns: Vitudurum, in die volksmond Winti genoem) is met sowat 'n bevolking van 105 000 die sesde grootste stad in Switserland en die tweede grootste stad in die kanton Zürich. Die stad is as 'n politiese gemeente ook hoofstad van die gelyknamige distrik. Dit is in die noordooste van Switserland sowat 20 kilometer noord van Zürich geleë.
Kaart | Wapen |
Historiese wapen | |
Land | Switserland |
Kanton | Zürich |
Distrik | Winterthur |
Koördinate | 47°30′N 8°45′O / 47.500°N 8.750°O |
Stigting | 294 n.C. |
Stadstatus | 1264 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 68,05 vk km |
Hoogte bo seevlak | 439 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2013) | 105 676[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 1 553/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Stadspresident | Michael Künzle (CVP) |
Amptelike Webwerf | Stadt Winterthur |
Winterthur was in vroeëre tye 'n beduidende nywerheidstad en is vandag as diens-, opvoedkundige-, kulturele en ontspanningsentrum met 16 museums bekend. Die treinstasie van Winterthur hanteer die derde grootste trein- en passasierverkeer in Switserland; die Zürich Lughawe is net 15 kilometer in die suidweste geleë.
Susterstede
wysig- , Hall in Tirol, Oostenryk, sedert 1948.
- Yverdon-les-Bains, Switserland, sedert 1969.
- La Chaux-de-Fonds, Switserland, sedert 1984.
- , Pilsen, Tsjeggië, sedert 1994.
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Winterthur.
- (de) Stadt Winterthur