Wodehousekop
Die Wodehousekop is 'n bergpiek binne die Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park[1] in die Oos-Vrystaat, Suid-Afrika. Die bergpiek maak deel uit van die Rooiberge in die voetheuwels van die Drakensberge. Die bolope van die Klein-Caledonrivier ontspring op die hange van die kop. Wodehousekop is vernoem na sir Philip Wodehouse, (latere) goewerneur van die Kaapkolonie, deur wie se toedoen sekere bakens na bewering in 1846 in die Rooiberge opgerig is.[1]
Wodehousekop | |
---|---|
Ligging | Vrystaat, Suid-Afrika |
Hoogte | 2 433 meter bo seevlak |
Lengte | 8,3 km |
Prominensie | 256 m bo omringende gebied |
Reeks | Rooiberge |
Koördinate | 28°29′31″S 28°37′58″O / 28.492°S 28.6327°O |
Bergtipe | Bergpiek |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "Facts about the Golden Gate Highlands National Park" (PDF). sanparks.org. Sanparke. Besoek op 18 Julie 2022.