Wolgaïese tale
Die Wolgaïese tale of Fins-Wolgaïese tale is 'n deelgroep van die Fins-Oegriese tale in die Oeraalse taalfamilie wat in die omgewing van die Wolgarivier deur die sogenaamde Wolga-Finne gepraat word. Die groep sluit Mari en die Mordwiense tale in wat weer uit die tale Moksja en Erzja bestaan.[2] Uitgestorwe tale wat volgens aanname tot die Wolgaïese tale behoort het, sluit Merjanies, Mesjtjeries (Russies: Мещерский) en Moeromies in.
Wolgaïes | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
In Rusland weerskante van die Wolgarivier |
Genetiese klassifikasie: |
Oeraals Fins-Oegries Fins-Permies Fins-Wolgaïes[1] Wolgaïes |
Onderafdelings: | |
ISO 639-2: | fiu |
Wolgaïes tesame met die Oosseefinse tale vorm die Fins-Wolgaïese groepering van die Fins-Permiese tale wat na raming in die 3de millennium v.C. van die Permiese tale geskei het.[3] Daar word geskat dat Wolgaïes self in sy onderskeie deeltale verdeel het in ongeveer 1200 v.C.[4]
Verwysings
wysig- ↑ Jacek Fisiak, Raymond Hickey, Stanisław Puppel, Language History and Linguistic Modelling: A Festschrift for Jacek Fisiak on His 60th Birthday, Contributor Jacek Fisiak, Uitgegee deur Walter de Gruyter, bl. 831, 1997, ISBN 3-11-014504-9, 9783110145045
- ↑ The Uralic Language Family: Facts, Myths and Statistics; deur Angela Marcantonio; bl. 57; ISBN 0-631-23170-6
- ↑ The Finno-ugric republics and the Russian state By Rein Taagepera; ISBN 0-415-91977-0; bl. 33
- ↑ Encyclopedia Britannica s.v. "Volga-Finns".