Wolof
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Wolof (volk).
Wolof is 'n Niger-Kongo-taal in Wes-Afrika wat deur sowat 5,3 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Wolof-volk gepraat en is die belangrikste taal in Senegal, nog voor die amptelike taal Frans. Wolof is een van die nasionale tale van dié land.[2] Daarbenewens word Wolof in die aangrensende lande Gambië en Mauritanië gepraat.
Wolof | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Gambië Mauritanië Senegal | |
Gebied: | Wes-Afrika | |
Totale sprekers: | 5,3 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Senegambies Wolof-Nyun Wolof | |
Skrifstelsel: | Arabiese alfabet (Wolofal) Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Senegal (nasionale taal) | |
Gereguleer deur: | CLAD (Centre de linguistique appliquée de Dakar) | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | wo
| |
ISO 639-2: | wol
| |
ISO 639-3: | wol
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Wolof is die naaste verwant aan Fula en Serer. Afhangende van die gebied word Wolof met die Arabiese of die Latynse alfabet geskryf. Wolof vorm saam met ander tale die grondslag waaruit Haïtiaanse Kreools ontwikkel het.[3]
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Wolof". Ethnologue. Besoek op 28 April 2024.
- ↑ (en) "Senegal's Constitution of 2001 with Amendments through 2016" (PDF). Constitute Project. Besoek op 28 April 2024.
- ↑ (en) Bonenfant, Jacques L. (2011). "History of Haitian-Creole: From Pidgin to Lingua Franca and English Influence on the Language" (PDF). Review of Higher Education and Self-Learning. 3 (11). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 Maart 2015. Besoek op 23 Maart 2015.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wolof.
- (en) "Wolof language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 28 April 2024.