Maak hoofkeuseskerm oop

Die Wolof is 'n etniese groep inheems aan Wes-Afrika wat Wolof as moedertaal praat. Hulle leef veral in die drie lande Senegal, Gambië en Mauritanië. In Senegal vorm hulle met sowat 39% die grootste etniese groep van dié land. In Gambië vorm hulle sowat 15% van die bevolking, die tweede grootste etniese groep net na die Mandinka (40%). In Mauritanië bevolk hulle veral die suidelike gebiede langs die Sénégalrivier.

Wolof
Wolof.jpg
'n Jong Wolof-man in Gambië
Totale bevolking: ca. 6,2 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Senegal Senegal 5 689 710[1]

Vlag van Gambië Gambië 287 658[2]
Vlag van Mauritanië Mauritanië 229 715
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 19 000

Taal: Wolof, Frans, Engels, Arabies
Geloofsoortuiging: Islam (Soefisme)
Verwante etniese groepe: Lebu en Serer
Verspreiding van Wolof in Senegal

Die Wolof is veral bekend vir die Middeleeuse Jolof-ryk (1350–1549), een van die Mali-ryk se opvolgerstate in die hedendaagse Senegal. Die Wolof was tydens die Franse koloniale tydperk in die koloniale administrasie geïntegreer en oorheers sedert die onafhanklikheid van Senegal die kultuur en ekonomie. Tydens die koloniale tydperk is die tradisionele Afrika-godsdiens meerendeels deur die Islam vervang.

VerwysingsWysig

  1. (en) "Senegal". CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. Besoek op 21 September 2018. 
  2. (en) "Wolof". adherents.com. Besoek op 21 September 2018. 

Eksterne skakelsWysig