Women Forward
Women Forward (WF) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat in Junie 2008 gestig is.
Women Forward | |
WF | |
Leier | Nana Ngobese |
---|---|
Gestig | 25 Junie 2008 |
Ideologie | Feminisme |
Webblad | wf |
Die party het as 'n aktivisbeweging begin en is in 2007 gestig deur Nana Ngobese (kleindogter van Albert Luthuli) om die 2009-verkiesing te betwis. Die party het slegs 5 087 stemme in die verkiesing gekry.
Die party fokus op geslagsgelykheid en beklemtoon die feit dat daar nog nooit 'n vroulike minister van finansies of ouditeur-generaal was nie.[1]
Ngobese doen ook 'n oproep op die kastrasie van verkragters. Die meeste van die party se lidmaatskap kom van Limpopo.[2]
Die party het aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 deelgeneem, maar kon geen provinsiale of nasionale setels in die verkiesing gewen nie.[3]
Ngobese het gesê dat "fondse en die politieke omgewing nie so bevorderlik was om die party na vore te bring nie."[4]
Verkiesingsresultate
wysigNasionale verkiesings
wysigVerkiesing | Stemme | % | Setels |
---|---|---|---|
2019[5] | 6 108 | 0,04 | 0 |
2009 | 5 087 | 0,03 | 0 |
Verwysings
wysig- ↑ ANA. "Women Forward party calls for castration of rapists". The Citizen (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 November 2019. Besoek op 7 April 2019.
- ↑ "New political party putting "Women Forward". Gender Links (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Februarie 2019. Besoek op 7 April 2019.
- ↑ "National Assembly Results".
- ↑ "Women Forward hopes to change things for SA women". eNCA (in Engels). Besoek op 12 Mei 2020.
- ↑ "NPEDashboard" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2020. Besoek op 11 Mei 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |