Wostok (Astrachan-oblast)
Wostok (Russies: Восток) is 'n dorpie in Jenotajefka-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel en die enigste nedersetting van die gelyknamige Wostok Plaaslike Munisipaliteit. Dit lê op die regteroewer van die klein Jenotajefkarivier 23 kilometer suidoos van die rajon se setel. Die dorpie se naam kom van die Russiese woord vir "oos".
Wostok Восток | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Koördinate: 47°07′15″N 47°07′03″O / 47.12083°N 47.11750°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Jenotajefka |
Bevolking | |
• Totaal | 836 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416210 |
Demografie
wysigVolgens Sensus 2010 het Wostok 1 274 inwoners gehad. Etniese Kasakke en Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[1]
Etniese groepe | Sensus 2002 | Persentasie |
---|---|---|
Kasakke | 478 | 37,5% |
Russe | 354 | 27,8% |
Kalmikiërs | 173 | 13,6% |
Tsjetsjniërs | 171 | 13,4% |
Koreane | 41 | 3,2% |
Roetoele | 21 | 1,6% |
Dargine | 16 | 1,3% |
Azerbeidjanners | 3 | 0,2% |
Tartare | 3 | 0,2% |
Tsjoewasjiërs | 3 | 0,2% |
Totaal | 1 274 | 100% |
Verwysings
wysig- ↑ Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 29 Julie 2023.