Wright R-3350 Duplex-Cyclone

18 silinder stervliegtuig enjin

Die Wright R-3350 Duplex-Cyclone is 'n Amerikaanse twee-ry, superaangejaagde, lugverkoelde stervliegtuigenjin met agtien silinders met 'n verplasing van 54,9 L. Die kraglewering het gewissel van 1 640 tot 2 760 kW, afhangend van die model. Die enjin was reeds ontwikkel voor die Tweede Wêreldoorlog en dit het 'n lang tyd geneem vir die enjin om as betroubaar beskou te word. Dit het nog steeds betroubaarheidsprobleme ondervind toe dit as kragbron vir die Boeing B-29 Superfortress gebruik is.

Die Wright Cyclone GR 3350

Na die oorlog het die enjin se betroubaarheid so toegeneem dat gebruik is deur 'n aantal siviele lugrederye, veral die turbomodel. Dit was onder andere gebruik in die Lockheed L-1049 Super Constellation straalvliegtuie tot in die 1950's. Die enjin se grootste kompetisie was die 71,4 L, 3 200 kW Pratt & Whitney R-4360 Wasp Major- enjin, wat eers sewe jaar na die Duplex-Cyclone ontwikkel is.

Die enjin word algemeen gebruik in Hawker Sea Fury en Grumman F8F Bearcat vliegtuie in die onbeperkte klas tydens die Reno Air wedvlugte.

Verwysings

wysig

Notas

wysig
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.