Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.[1]

Sontermyne
  Lengtegraad     Termyn     Datum
 Lente
  315°   Lichun  4-5 Februarie
  330°   Yushui  18-19 Februarie
  345°   Jingzhe  5-6 Maart
  0°   Chunfen  20-21 Maart
  15°   Qingming  4-5 April
  30°   Guyu  20-21 April
  Somer
  45°   Lixia  5-6 Mei
  60°   Xiaoman  21-22 Mei
  75°   Mangzhong  5-6 Junie
  90°   Xiazhi  21-22 Junie
  105°   Xiaoshu  7-8 Julie
  120°   Dashu  22-23 Julie
 Herfs
  135°   Liqiu  7-8 Augustus
  150°   Chushu  23-24 Augustus
  165°   Bailu  7-8 September
  180°   Qiufen  23-24 September
  195°   Hanlu  8-9 Oktober
  210°   Shuangjiang    23-24 Oktober
  Winter
  225°   Lidong  7-8 November
  240°   Xiaoxue  22-23 November
  255°   Daxue  7-8 Desember
  270°   Dongzhi  21-22 Desember
  285°   Xiaohan  5-6 Januarie
  300°   Dahan  20-21 Januarie

Xiaoxue (Chinees: 小雪; pinyin: xiǎoxuě) of shosetsu (Japannees: 小雪) is die 20ste sontermyn en die tyd wanneer dit liggies begin sneeu. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 240° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 255° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 240° is.

Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 22 November (23 November Oos-Asiatiese tyd)[2] en eindig dit omstreeks 7 Desember.

Pentades

wysig

Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van xiaoxue is:

  • Eerste pentade: Die reënboë verdwyn uit sig (虹藏不見); daar word geglo reënboë is die resultaat van ’n energievermenging van jin en jang, en omdat die winter deur jin oorheers word, sal daar nie dan reënboë wees nie.
  • Tweede pentade: Die qi van die lug styg op en die qi van die aarde daal af (天氣上騰地氣下降); qi is ’n lewensbelangrike krag in elke wese.
  • Laaste pentade: Afsluiting en stilstand skep die winter (閉塞而成冬); die einde van die vermenging van lug en aarde, jin en jang, lei tot die rustoestand van die winter.

Verwysings

wysig
  1. "24 Sekki". Glossary. National Astronomical Observatory of Japan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 21 Maart 2016.
  2. Matsukawa, Mitsuharu. "24 Sekkis, or Twenty-Four Japanese Small Seasons" (in Engels). Nagoya University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2015. Besoek op 31 Augustus 2018.

Eksterne skakels

wysig
Vorige termyn
Lidong (立冬)
Xiaoxue (小雪) Volgende termyn
Daxue (大雪)