Yakovlev Yak-17
Russiese vegvliegtuig
Die Yakovlev Yak-17 is 'n straalaangedrewe vegvliegtuig wat deur die Sowjetunie ontwikkel en gebou is. Dit is ontwikkel uit die Yakovlev Yak-15. Daar is 430 Yak-17's gebou. Die Yak-17 het, anders as die Yak-15, 'n intrekbare driewielonderstel gehad asook 'n kragtiger motor. Daar was ook strukturele verbeteringe gemaak om die vliegtuig te versterk. Weggooibare brandstoftenks was ook bygevoeg om die togafstand te verbeter. Daar was ook 'n tweesitplek-opleidingmodel ontwikkel.
Yakovlev Yak-17 | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Tbilisi Aircraft Manufacturing |
Nooiensvlug | Junie 1947 |
Bekendstelling | 1948 |
Onttrek | 1955 |
Status | Onttrek |
Hoofgebruikers | Sowjetlugmag Poolse Lugmag |
Vervaardig | 1948–1949 |
Aantal gebou | 430 |
Ontwikkel van | Yakovlev Yak-15 |
Weergawes | Yakovlev Yak-23 |
Die Poolse- en Tseggiese lugmagte het ook die vliegtuig gebruik. Dit is uitgefaseer teen 1955 deur alle lugmagte.
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 1 |
Tipe motor | Straalmotor |
Vervaardiger | Klimov RD-10A turbostraal |
Kraglewering per motor | 1 000 kg stukrag |
Vlerkspan | 9,2 m |
Lengte | 8,78 m |
Hoogte | 2,1 m |
Vlerkoppervlakte | 14,85 m2 |
Maksimum opstygmassa | 3 323 kg |
Maksimum snelheid | 750 km/h |
Operasionele hoogte | 12 750 m |
Togafstand | 717 km |
Klimvermoë | 5 000 m in 5,8 minute |
Bewapening | Twee 23 mm kanonne in die neus |
Sien ook
wysigBron
wysig- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9