Ève Curie
Ève Denise Curie Labouisse (6 Desember 1904 – 22 Oktober 2007) was 'n Amerikaans-Franse musikant en outeur en die dogter van Pierre en Marie Curie. Sy is gebore in Parys en het gestudeer aan die Collège Sévigne. Sy het haar jong lewe aan musiek gewy en was 'n pianis wat verskeie uitvoerings in Parys, die Franse provinsies en België gehou het. Sy het onder andere die boeke Madame Curie (1937) en Among Warrioes (1943) laat verskyn wat onmiddellike suksesse was. Sy het in die Verenigde State gebly tydens die Tweede Wêreldoorlog.
Ève Curie | |
---|---|
Ève Curie in 1937 | |
Gebore | Ève Denise Curie 6 Desember 1904 |
Sterf | 22 Oktober 2007 (op 102) |
Nasionaliteit | Frankryk (1904–2007) Verenigde State (1958–2007) |
Alma mater | Collège Sévigné |
Beroep | Joernalis, pianis |
Bekend vir | Madame Curie (1937) Journey Among Warriors (1943) |
Eggenoot | Henry Richardson Labouisse, Jr. (1954–1987; weduwee) |
Ouer(s) | Pierre Curie (vader) Marie Curie (moeder) |
Haar suster was Irène Joliot-Curie.
Bron
wysig- Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 7, Bladsy 566.