.za
.za is die Internettopvlakdomein vir Suid-Afrika. Die .za-domeinname word deur ZADNA uitgegee, wat dan ook vir die topvlakdomein verantwoordelik is. .za is die afkorting van Zuid-Afrika en is 'n erfenis van toe Nederlands nog (tot 1983) 'n amptelike taal van Suid-Afrika was. .sa is die topvlakdomein vir Saudi-Arabië.
2de vlak domeine
wysigOop en aktief
wysig- .ac.za - akademiese en tersiêre gemeenskappe
- .city.za - vir munisipale regerings. Domeinregistrasie volg binnekort.
- .co.za - kommersieel, algemene gebruik
- .edu.za - vir afstandsonderriginstellings
- .gov.za - regeringsdepartemente
- .law.za - vir regspraktyke
- .mil.za - militêre instellings
- .nom.za - vir persoonlike name, nie organisasies
- .org.za - vir niekommersiële entiteite.
- .school.za - vir skole in Suid-Afrika
- .ecape.school.za - Oos-Kaap
- .fs.school.za - Vrystaat
- .gp.school.za - Gauteng
- .kzn.school.za - Kwazulu-Natal
- .mpm.za - Mpumalanga
- .ncape.school.za - Noord-Kaap
- .lp.school.za - Limpopo
- .nw.school.za - Noordwes
- .wcape.school.za - Wes-Kaap
Rustend
wysig- .alt.za - Historiese geregistreerdes
- .net.work.za - Netwerkinfrastruktuur.
- .ngo.za - vir nie-regeringsorganisasies. Nuwe registrasies hangende .za DNA openbare konsultasieproses
- .tm.za - vir handelsmerke. Wagtend hangende die stigting van die .ZA DNA
- .web.za - slegs vir webbedieners. Nuwe registrasiestelsel onder ontwikkeling.
Reageer nie
wysig- .bourse.za - vir alle maatskappye wat op die Johannesburgse Effektebeurs gelys is
Privaat
wysig- .agric.za - ARC & Company
- .cybernet.za - Infront Investments Five cc
- .grondar.za - Mark R V Murray
- .iaccess.za - Compustat
- .inca.za - Internetworking Cape
- .nis.za - Network Information Systems
- .olivetti.za - Olivetti/Mark Elkins
- .pix.za - Proxima Information Exchange
Gemerk vir verwydering
wysig- .db.za - De Beers
- .imt.za - Instituut vir Maritieme Tegnologie
- .landesign.za - Lan Design (bestaan nie meer nie)