11de eeu v.C.
eeu
(Aangestuur vanaf 1070 v.C.)
Die 11de eeu v.C. bevat al die jare van 1100 tot 1001 v.C. Hoewel baie menslike beskawings in dié tyd geletterd was, kan baie van die mense hieronder beskou word as legendaries eerder as histories.
Gebeure
wysig- 1089 v.C.: Melanthos, legendariese koning van Athene, sterf ná ’n bewind van 37 jaar en word opgevolg deur sy seun, Kodros.
- 1069 v.C.: Ramses XI sterf en dit lui die einde van die 20ste Dinastie van Antieke Egipte in. Hy word opgevolg deur Smendes I, stigter van die 21ste Dinastie.
- 1068 v.C.: Kodros, koning van Athene, kom om in ’n veldslag teen Doriese invallers ná ’n bewind van 21 jaar.
- 1050 v.C.: Filistyne neem die Ark van die Verbond van Israel af (benaderde datum).
- 1048 v.C.: Medon, Koning van Athene, sterf ná ’n bewind van 20 jaar en word deur sy seun Acastus opgevolg.
- 1046 v.C.: Koning Zhou Wuwang werp die bewind van die laaste koning van die Shang-dinastie omver en word die eerste koning van die Zhou-dinastie in China. (1046 v.C.—256 v.C.)
- 1044 v.C.: Met die dood van Smendes I, farao van Antieke Egipte, word hy deur twee medeheersers, Psoesennes I en Amenemnisoe, opgevolg.
- 1042 v.C.: Koning Cheng van Zhou volg koning Wu op as heerser van die Zhou-dinastie in China.
- 1039 v.C.: Amenemnisoe, koning van Egipte, sterf.
- Omstreeks 1020 v.C.: Die verwoesting van Troje VIIb2.
- 1026 v.C.: Saul word koning van die Israeliete, volgens Samuel.
- 1012 v.C.: Acastus, koning van Athene, sterf ná ’n bewind van 36 jaar en word opgevolg deur sy seun Archippus.
- 1003 v.C.: Dawid volg vermoedelik vir Saul op.
- 1000's v.C.: Vroegste bewyse van landbou in die hooglande van Kenia.
- 1000's v.C.: Die Fenisiese alfabet word ontwerp.